Nafco Landbouskou

1-3 September 2011

Die tweede NAFCO Konvensie en Ekspo word gehou op die 35 hektaar gronde van Hoërskool Ben Viljoen vir 3 dae, vanaf 1 tot 3 September 2011. Die visie vir hierdie jaarlikse gebeurtenis het die mikpunt om te groei en een van die grootste Landbou ekspo’s in Limpopo en Mpumalanga provinsies te word.

Voorlopige Konferensie & Ekspo Program:

Donderdag 1 September 2011:

08h00 – 12h30    Nasionale Konvensie in Hoof arena met sprekers: Dr Roelof Botha, Reinhard Kuscke, Andre Jooste, Hein Kruger, Jannie de Villiers
12h30 – 13h30   Ete
13h30 – 17h00   Kommoditeits werkswinkels vir: Tafel druiwe, Graan & Katoen, Aartappels, Besproeiing en Vee

Vrydag 2 September 2011:

08h30 – 16h00   Kommoditeits werkswinkels vir: Sitrus, Aartappels, Besproeiing en Vee
16h00 – 17h30   Country Legends –BillyForest& Clive Bruce
17h30 – 19h00   Sang geleentheid (Hoërskool Ben Viljoen)
19h00 – 20h30   Bobby van Jaarsveld
20h30 – 21h30   Glaskas

Saterdag 3 September 2011:

08h00 – 10h30   Perde wedren teen bergfietse
11h00 – 12h00   Little Miss NAFCO
12h00 – 13h00   Gerrit the Clown magician show
13h00 – 16h00   Sterkman kompetisie
17h00 – 18h00   Pieter Koen
18h15 – 19h00   MoniQe FoxX
19h00 – 20h00   ADAM Groep
20h00 – 21h00   Frankie Fire

Konferensie Fooi :

Hoof konferensie en Werkswinkels: R600
Net hoof konferensie en ete: R400 

Ekspo Ingang Fooi: (sluit konferensie & werkswinkels uit)

Donderdag:
Volwassenes (na 13h00): R30
Pensioenarisse: GRATIS
Laerskool en Hoërskool kinders: GRATIS

Vrydag & Saterdag:  (Optrede van kunstenaars ingesluit)

Volwassenes & kinders (13jr en ouer): R50
Pensioenarisse & kinders (2-12jr): R20

Biertuin open van 12h30 daagliks

Pretpark – Rodeo Bull, Fighting Chair, Human Foosball, Paintball Tunnel, Cascade Slide, Jumping Castle, Gladiator Obstacle Course, Climbing Wall, Water Balls

Ander vermaak: Pony Rides, Paint Ball, Clowns op stilts & gesigverf, Reptiel Park

 

Wat is NAFCO?
NAFCO is ‘n idee wat ontstaan het deur die beheerliggaam van Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal. As gevolg van die finansiële druk en verpligtinge het die Beheerliggaam besluit om hul hulpbronne in die Landbou industrie aan te wend om fondse vir die skool te genereer. Om sodoende die skool in staat te stel om konstant die beste fasiliteite beskikbaar te kan stel vir alle leerders op akademiese, kulturele en sport vlakke. NAFCO is ‘n boerdery Konvensie en Ekspo met nasionale sprekers, werkswinkels vir verskeie boerdery kommoditeite en ‘n uitstalruimte met alle produkte en verskaffers wat in die boerdery industrie spesialiseer. Die NAFCO ekspo beloof om die ideale uitstappie vir die hele familie te wees aangesien daar nie net landbou uitstallers sal wees nie maar ook ‘n Kunsmark, aktiwiteite vir die kinders, musiek kunstenaars en vele meer.

Groblersdal is ‘n landbou dorp geleë 32km Noord van die 178 miljoen m³ Loskop Dam in die Sekhukhune Distrik van Limpopo. Die dorp is Suid-Afrika se tweede grootste besproeiings skema. In 1938 is Groblersdal gestig op die plaas Klipbank en vernoem na die eienaar WJ Grobler. Die belangrikste gewasse in die “man made” vloedvlakte is katoen, tabak, tafel druiwe, sitrus, vrugte, mielies, graan, groente, sonneblom saad, lusern en perskes wat strek oor meer as 28 000 hektaar hoogs produktiewe landerye. Met die kombinasie van goeie water en grond kondisie word die area se bruto omset gereken in die omgewing van R1, 5 biljoen per jaar. Hier is ook verskeie wilds plase en is dit ook die ideale visvang bestemming.

Wat kan verwag word by NAFCO?
Die Landbou Konvensie is ontwerp om as inligtings platform te dien waar verskeie sprekers die nuutste aangeleenthede en moontlikhede in die landbou en landbou sektor in Suid-Afrika adresseer. Die hoof konvensie met nasionale sprekers begin die oggend van 1 Sept 2011 (Donderdag) om brandende aangeleenthede wat Suid-Afrika se boere affekteer te bespreek. Daarna vind kommoditeits werkswinkels plaas vanaf Donderdag middag tot Vrydag middag (1 & 2 Sept 2011). Die werkswinkel sessies sal herhaal word om die geleentheid aan boere te gee om meer as een kommoditeit te kan bywoon.

Werkswinkel sessies wat aangebied word:
Sitrus, Tafel Druiwe, Graan, Aartappels, Katoen, Vee en Besproeiing.

Die Ekspo area is naby die konferensie geleë en strek oor die 3 dae (Don tot Sat). Daar sal nie net ‘n aantal
Landbou & Kunsmark uitstallers wees nie, maar ook:
Vee uitstalling
Musiek Kunstenaars
Kinderaktiwiteite
Kos en Koeldrank stalletjies
Bier Tuin
4×4 baan

Vir meer inligting insake die konvensie, ekspo en borgskap geleenthede kontak ons gerus.
Sonja Erasmus (Bemarkings Skakelbeampte)
082 873 5254
[email protected]

Michelle Booysen (Konvensie & Ekspo Administrateur)
082 415 6909
[email protected]

Kantoor: 013 262 5777

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.