Namaqua-fees

27-29 Oktober 2011

Huisgenoot Namaqua-fees en Landbouweekblad Agri-Expo se vele vermaak

Vanjaar se Huisgenoot Namaqua-fees word met ’n nuwe dimensie getooi. Nie net is van die land se bekendste Afrikaanse sangers daar nie, maar die Landbouweekblad se Agri-Expo en ’n Pars-en-Proetent vir wynproe, heerlike etes en baie ontspanning word bygevoeg.

Die Landbouweekblad Agri-Expo en –konferensie begin Donderdag, 27 Oktober, vir die boere van die omliggende streke. Verskeie nasionale sprekers sal daar wees om die boere toe te spreek en vrae te beantwoord, maar die uitstalling gaan veral beïndruk, met plaasimplemente en ander verwante boederyprodukte.

“As Landbouweekblad is ons baie opgewonde om die jaar betrokke te wees by die Namaqua-fees. Die landbougemeenskap kan uitsien na insiggewende praatjies deur top-sprekers in die industrie en die uitstalling beloof om iets vir elke boer te lewer,” sê Reinard du Plessis, uitgewer van Landbouweekblad.

Die Pars-en-Proetent is vanjaar dié plek vir ontspanning, inspirasie en gesondheid. Lewendige akoestiese musiek, ’n pretpark vir kinders, verskeie kossoorte eie aan die kontrei (kraakvars om te proe én te koop), sowel as ’n uitstalling van die wynkelders in die omgewing, maak dit ’n ervaring wat niemand sal wil misloop nie. Kom geniet ‘n wynproe, ontbyt, middag-, of aandete terwyl die kinders in die pretpark speel.

Donderdagaand is Country-aand saam met die Campbells, waar die skoene uitgeskop en daar opgeskop gaan word met vermaaklike musiek en gehalte kos. Bring jou vriende saam en begin die fees op die regte noot; ‘n country-noot, saam met die Campbells! Kaartjies is R60 en beskikbaar by Computicket.

Diegene wat belangstel om uit te stal by die Agri-Ekspo of ‘n stalletjie op te sit in die Pars-en-Proetent, kan gerus vir Ladien Liebenberg kontak by 071 9353584.

Vroueoggend by die Huisgenoot Namaqua-fees
Vermaak is die woord vir vanjaar se Huisgenoot Namaqua-fees. Nie net is daar ’n hele rits bekende Afrikaanse kunstenaars nie, maar vanjaar is daar ook ’n vroueoggend vir die dames van die omgewing. Dowwe Dolla tree as seremoniemeester op en dit kan net een ding beteken: groot pret! Die vroueoggend, met borge soos Shoprite en Checkers, RSG, Clover en die Vredendal Produktemark, vind op Saterdag 29 Oktober plaas en Stefan Ludik (nou slegs bekend as Ludik) verskaf die oggend se vermaak. Vroue kan ook uitsien na ’n modeparade, ’n dekordemonstrasie deur Misi Overturf en ’n kosdemonstrasie deur Suid-Afrika se kuberkok, Nina Timm. Janie du Plessis is die gasspreker en bring ’n ekstra skeppie inspirasie. Ontbyt is by die kaartjieprys van R250 ingesluit en elke vrou sal met ’n geskenkpakkie huistoe gaan. Kaartjies is by Treffers in Vredendal te koop. Skakel Mev. Dippenaar by 027 213 1821 vir meer besonderhede.

Landbouweekblad Agri-Ekspo
Die fees is egter nie net op vroue gerig nie. Een van die groot aanloklikhede is vanjaar se Landbouweekblad Agri-Ekspo, wat reeds Donderdag 27 Oktober met ’n konferensie afskop waar verskeie kenners in die landboubedryf betrokke sal wees. ’n Uitstalling met ’n verskeidenheid plaasimplemente, produkte en vele besigheidsgeleenthede gaan die Ekspo ’n hoogtepunt in die streek se landboukalender maak. “As Landbouweekblad is ons baie opgewonde om die jaar betrokke te wees by die Namaqua-fees. Die landbougemeenskap kan uitsien na insiggewende praatjies deur topsprekers in die industrie en die uitstalling beloof om iets vir elke boer te lewer,” sê Reinard du Plessis, uitgewer van Landbouweekblad. Deel van die ervaring is vanjaar se Pars-en-Proetent waar feesgangers kan kom wyn proe, die streek se vars produkte kan koop en ontspan met lewendige akoestiese musiek. Vir meer inligting of om stalletjies te bespreek, kontak Ladien Liebenberg by 071 9353584 of e-pos by [email protected].

Country-aand met die Campbells
Donderdagaand is ook Country-aand saam met die Campbells, waar die skoene uitgeskop en daar opgeskop gaan word met vermaaklike musiek en gehalte kos. Begin die fees op die regte noot; ‘n country-noot, saam met die Campbells! Kaartjies is R60 en beskikbaar by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.