Nog ʼn omroeper groet JacarandaFM

Bridget Masinga (Foto: Verskaf)

Bridget Masinga (Foto: Verskaf)

Die JacarandaFM-omroeper, Bridget Masinga, roep in September vanjaar ook dié radiostasie vaarwel toe.

JacarandaFM het dié nuus Woensdagoggend in ʼn verklaring bekendgemaak.

Masinga se bedanking volg op die nuus dat Rian van Heerden, gewilde aanbieder van die Complimentary Breakfast, einde vanjaar die leisels oorgee.

Masinga is bekend as omroeper van die eerste gedeelte van die Workzone-program.

“My tyd by JacarandaFM was ʼn opwindende leerervaring. Dié stasie het my die geleentheid gebied om betrokke te raak by verskillende projekte, wat waardevol en uitdagend was,” het sy gesê.

Volgens Kabelo Ngobese, JacarandaFM woordvoerder, gaan dié radiostasie op 15 Augustus Masinga se opvolger bekendmaak.

Masinga sal na verwagting ook op 15 Augustus aankondig na watter stasie sy skuif.

“Dit was ʼn lekker program om aan te bied. Ek en die luisteraars het gewoond geraak aan mekaar en dit is alles te danke aan my ongelooflike span. Maar soos die gesegde lui, alle goeie dinge kom tot ʼn einde,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

LAURIKA ·

Dankie tog ek is baie bly haar keuse in musiek het my afgesit

Liza ·

Kan glad nie haar program uitstaan nie! Vaarwel! Gaan Rian beslis mis!

Kathy ·

Luister nie meer Jakaranda nie kan nie hulle musiek uitstaan nie. Ook geen verlies dat sy gaan nie.

Piet ·

As ek na die kommentare kyk dink ek hulle het haar laat gaan

Thuunda ·

Wie luister nog na daai stasie? Soveel beter keuses om na te luister as die klomp liberale…

Ella ·

Ok bye. Hopenlik vat sy en Rian vir Barney saam. Martin Bester is beslis die beste of Jakaranda.

NICKEY ·

Ek luister nie Jacaranda nie. GROOT FM 90.5! Puik en die beste!

Cacophony ·

Groot is goed maar glad nie so groot. Jy kan skaars in die straat afry dan verloor jy die sein en al waarmee jy dan opgeskeep sit is een geweldige gesuis

Louise ·

Hi mensies julle is darm maar suur.
Kan ongelukkig nie alles kry wat mens soek nie.
Dis hoekom daardie word VERDRAAGSAAMHEID inkom.

Dalee ·

Bosveld Stereo is die beste! Jacaranda FM kan maar gaan slaap!

Tiger ·

Luister jare al gladnie na Jakaranda nie so ek mis niks dankie!

Marika ·

Ek het so 2 weke na haar geluister toe skakel ek oor na radio Kosmos van Namibië. Totaal en al afrikaans. Sy het my tot in die afgrond irriteer. Toe sy praat van Francois van Koek het dit die koek gevat!

Francois ·

Sal nie verlies wees nie . Soms as sy moet begin hoor jy net musiek en eers later praat sy dis of sy laat is vir haar eie program

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.