Nominasies vir Fiëstas 2014 bekend gemaak

fiestas 2Die kykNet Fiëstas Toekennings is een van die grootste glansgeleenthede van die jaar waar die teaterbedryf gevier en vereer word en die nominasies vir 2014 is bekend gemaak.

Die tema vir die 2014 is Voël Vry tot Vry en die Fiëstas Toekennings sal op 13 Februarie vir die eerste keer regstreeks op kykNet uitgesaai word.

Die finaliste van elke kategorie is deur ʼn onafhanklike beoordelaarspaneel gekies wat al die feeste en produksies bygewoon het. Die paneel sal uiteindelik ook die wenner(s) kies.

Tien gelukkige kykers staan die kans om dubbelkaartjies na die kykNET Fiëstas Toekennings glansaand te wen. Om in aanmerking geneem te word moet jy vir jou gunsteling kunstefees op die Fiëstas Toekennings se Facebook-blad tussen 17 Januarie 2014 en 2 Februarie 2014 gaan stem.

Die nominasies vir 2014 is as volg:

Beste Akteur:
Chris van Niekerk vir Strip
Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos
Elton Landrew vir Bidsprinkaan
Stian Bam vir Trippie

Beste Aktrise:
Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos
Nicole Holm vir Oorsee
Nicola Hanekom vir Trippie
Sandra Prinsloo vir Die Leo’s

Beste Manlike Byspeler:
Charlton George vir macbeth.slapeloos
Gys de Villiers vir Bidsprinkaan
Marius Weyers vir Tango
Tobie Cronjé vir Die Leo’s

Beste Vroulike Byspeler:
Hannah Barnard vir Land van Skedels
Lee-Ann van Rooi vir Bidsprinkaan
Mary Dreyer vir Wie Drink Wat?
Lerato Motshwarakgole vir Land van Skedels

Beste Regisseur:
Jaco Bouwer vir Trippie
Janice Honeyman vir Bidsprinkaan
Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos
Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Teaterontwerp:
Jayne Batzofin en Christina Salvoldi vir Pruttel
Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos
Nicola Hanekom vir Land van Skedels
Wolf Britz vir Oorsee

Beste Prestasie in ʼn Musiekgedrewe Produksie:
Amanda Strydom vir Ek Loop Die Pad
Dorothy Masuka vir Dorothy – 60 Jaar
Magdalene Minnaar vir Magdalene! Musiek vir die Silwerdoek
Schalk Joubert vir Die Wêreld Is My Woning

Beste Spel in ʼn Solo-vertoning:
Antoinette Kellerman vir My mense
Chris Vorster vir Affairs vir Domkoppe
Gys de Villiers vir Wit manne se wapens
Tobie Cronjé vir Ballade van ʼn Banggat

Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Opvoering:
Nicola Hanekom vir Land van Skedels
Nicola Hanekom vir Trippie
Saartjie Botha vir Bidsprinkaan
Tertius Kapp vir Oorsee

Beste Opkomende Kunstenaar:
Jayne Batzofin vir Pruttel
Ludwig Binge vir Wie Drink Wat en macbeth.slapeloos
Nieke Lombard vir Pruttel
Die Ensemble van Te veel vir ʼn coloured girl

Beste Prestasie in Klassieke Musiek:
Die Kaapse Jeugkoor vir Om die wêreld in 80 minute
Luis Magalhäes en Nina Schumann vir 2 Pianists
Minette du Toit-Pearce, die US Perkussieduo en Philippus Hugo vir Openingskonsert wat ʼn ATKV
Pryswennerskonsert is
Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering

Beste Prestasie in Dansteater en Fisieke Teater:
Braam du Toit vir sy komposisie in Run
Nicola Elliot vir Run
Steven van Wyk en Thalia Laric vir hulle choreografie in “Skoonveld” in PLASTIC

Beste Prestasie in Visuele Kuns:
Diane Victor vir No country for old women
Jan van der Merwe vir Tyd en Ruimte
Olaf Bisschoff vir Streeksbiblioteek

Beste Musiekgedrewe Produksie:
Bravissimo! The South African Sopranos
Dorothy – 60 Jaar
Opera Nostalgie: Eoan 80/Verdi 200
Schalk Joubert – Die wêreld is my woning

Beste Aanbieding:
Bidsprinkaan
Land van Skedels
macbeth.slapeloos
Trippie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.