Nuwe Mej. SA ʼn miljoenêr

Mej. SA 2016 se kroon (Foto: Twitter)

Mej. SA 2016 se kroon (Foto: Twitter)

Inskrywings vir Mej. SA het Maandagoggend amptelik geopen en die volgende kroondraer van dié kompetisie ontvang ʼn allemintige R1 miljoen kontantprys op die kroningsgeleentheid by Sun City einde Maart volgende jaar.

Sun International, die organisasie wat die kompetisie aanbied, het Dinsdagoggend op sy webwerf gesê benewens die R1 miljoen wat die volgende Mej. SA gaan wen, gaan sy ook huis toe met ʼn splinternuwe motor, ʼn oorsese vakansie en ander pryse van meer as R2 miljoen.

Kykers gaan ook vir die eerste keer die geleentheid kry om die oudisies op televisie te volg wanneer dit in die onderskeie dorpe gaan plaasvind.

Die huidige Mej. SA, Ntandoyenkosi Kunene, gaan die kroon aan die volgende Mej. SA oorhandig.

Claudia Henkel, voormalige Mej. SA en mediabestuurder van Sun International, sê dié kompetisie probeer jaarliks om die lewe van vroue te verander. “Die kontantprys sal die wenner se lewe vir altyd verander en haar in staat stel om enigiets te bereik wat sy in haar lewe wou bereik. Ons wil die beste persoon vir die belangrike rol lok,” het sy gesê.

Oudisies vind op die volgende plekke plaas:

  • Durban – Sibaya Casino (16 Julie)
  • Brakpan – Carnival City Casino (23 Julie)
  • Kaapstad – Grand West Casino (30 Julie)
  • Port Elizabeth – The Boardwalk Casino (6 Augustus)
  • Polokwane – Meropa Casino (13 Augustus)
  • Bloemfontein – Windmill Casino (20 Augustus)
  • Johannesburg – The Maslow Hotel (27 Augustus)

As jy dink jy staan ʼn kans om die volgende kroon te dra, kan jy die inskrywingsvorm aflaai op Mej. Suid-Afrika-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos ·

Maak net seker Zumpi skryf nie sy vrouens in want hy sal aandring op die fimale 10
Kort geld om sy beeskraal te betaal hé-hé

Ben Prinsloo ·

Sjoe vir daardie prysgeld sal ek ook sommer inskryf al is ek n middeljarige man. Moenie vir my lag nie want wie nie n vishoek in die water het nie sal ook nie n vis kan vang nie.

Annette ·

Ek stem saam met jou Ben! Ek is ‘n 63 jare dame en almal sê ek lyk baie goed vir my ouderdom. Net more gooi ek my vishoek ook in die water!

Hansie ·

Annette née maar dus cool wa jou bikini nooi is jy gereed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.