Ongelukkigheid oor ontbytkos

Argieffoto (Foto: streetzsavvy.com)

Argieffoto (Foto: streetzsavvy.com)

Hierdie berig is nie die waarheid nie. Maroela Media het die sommer vir die lekkerkry as deel van Aprilgekkedag opgelaai om ons lesers om die bos te probeer lei. Die goeie nuus is dat die fliek wel die waarheid is kyk gerus na French Toast se lokprent onderaan die berig. Klik hier om te sien watter ander berigte wolhaarstories was.

Die Franse Konsulaat het op 1 April 2015 ’n amptelike kennisgewing uitgereik dat die gebruik van die naam French toast (Franse roosterbrood) verban word.

French toast is nie van Frankryk afkomstig nie,” het Jean-Pierre Baptiste, woordvoerder van die Franse Konsulaat, gesê. “Dit is vir ons as die Franse volk ’n groot oneer om met só ’n ongekultiveerde dis vereenselwig te word.”

French toast, oftewel Franse roosterbrood, se oorsprong dateer terug na die Romeinse tydperk waar dag-oue brood in ’n melk-en-eier-mengsel geweek is, en dan in ’n pan gebraai is. Hierdie dis, pan dulcis, is veral deur die “laer” klasse van die bevolking gemaak om te verseker dat brood nie onnodig gemors hoef te word nie.

“Ons het reeds ’n paar voorstelle vir die naamsverandering ontvang, insluitende eggy bread, soos die Britte dit noem,” het hy gesê. “Die gunsteling-voorstel vir die Afrikaanse benaming tans is Kleefkolwyntjies. Die publiek is welkom om voorstelle in te dien.” Voorstelle kan per e-pos gestuur word aan [email protected].

Terloops, die fliek French Toast begin op 24 April 2015 landwyd in teaters draai – moet dit nie misloop nie! Klik sommer “like” op die Facebook-blad ook en geniet die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.