Oscars: Hier is vanjaar se beste akteur en aktrise

Tom Morello praat by die Oscars by die Dolby Theatre in Los Angeles [24 Februarie 2019]. (Foto: Chris Pizzello/Invision/AP)

Olivia Colman en Rami Malek is aangewys as onderskeidelik beste aktrise en beste akteur by die 91ste toekenningseremonie van die Oscars wat Sondagaand (plaaslike tyd) in die Dolby‑teater in Los Angeles gehou is.

Colman het die gesogte goue beeldjie huis toe gevat vir haar rol in The Favourite. Dit is Colman se eerste Oscar-nominasie en sy is genomineer vir haar vertolking van Koningin Anne. Sy het al vier British Academy of Film and Television Arts-toekennings en twee Golden Globes in haar loopbaan gewen.

Colman het Glenn Close geklop vir die Oscar vir beste aktrise. Close was gesien as ʼn gunsteling om dié beeldjie te verower. Colman het wel in haar bedankingstoespraak vir Close uitgesonder as iemand wat sy haar lewe lank nog bewonder. Sy het ook die regisseur van The Favourite, Yorgos Lanthimos, bedank, asook haar medesterre, Emma Stone en Rachel Weisz.

Colman het ook vir haar kinders dankie gesê en gesê sy hoop hulle kyk by die huis na die toekenningsgeleentheid. “Dit gaan nie weer gebeur nie,” het sy gesê.

Rami Malek het op sy beurt die beeldjie vir beste akteur huis toe geneem vir sy vertolking van Queen se Freddie Mercury in Bohemian Rhapsody. Dit is Malek se eerste Oscar en ook die eerste keer wat hy vir die kategorie genomineer is.

Malek het sy ma, wat Sondagaand in die gehoor was, bedank en het ook hulde gebring aan sy oorlede pa wat nooit die kans gehad het om te sien hoe hy ʼn wêreldbekende rolprentster word nie.

Hou Maroela Media dop vir ʼn volledige lys van Oscar-toekennings.

Olivia Colman arriveer by die Oscars by die Dolby Theatre in Los Angeles [24 Februarie 2019]. (Foto: Charles Sykes/Invision/AP)

Rami Malek by die Oscars by die Dolby Theatre in Los Angeles [24 Februarie 2019]. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lee ·

Rami Malek was puik in Bohemian Rhapsody. Net jammer hulle het nie beste movie ook gewen nie.

BP ·

Ons weet hoekom Black Panther so gegaan het, ander word daar weer gemoan dat die ander kleuriges nie iets wen nie, soos die kwota system, maar net vir movies. Maar nie n woord gese hoor daai ou van Empire wat sy aanval opgemaak het nie, 1 rede, omdat hy swart is, en gevoelens mag nie seergemaak word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.