Potchefstromer aangewys as kampioen-mampoerstoker

Die ATKV-orkeslede saam met van die wenners van die kompetisies by die vanjaar se Mampoerfees: Pieter van derMerwe, Jan van der Merwe, Martie de Jonge, Alfred Rapp, Danie Swan, Karel du Toit (konsertina), Hennie Strydom (klawerbord en kitaar), Andries Reynecke (wenner van die aartappelskil-kompetisie), Sakkie Kotze (ATKV Centurion) en Rommel van der Riet (saagspeler).

Die ATKV-orkeslede saam met van die wenners van die kompetisies by vanjaar se Mampoerfees: Pieter van der Merwe, Jan van der Merwe, Martie de Jonge, Alfred Rapp, Danie Swan, Karel du Toit (konsertina), Hennie Strydom (klawerbord en kitaar), Andries Reynecke (wenner van die aartappelskil-kompetisie), Sakkie Kotze (ATKV Centurion) en Rommel van der Riet (saagspeler).

Boet Schoeman van Potchefstroom in Noordwes is Saterdag tydens die Mampoerfees by die Willem Prinsloo-landboumuseum in Rayton aangewys as die nasionale kampioen-mampoerstoker.

Mampoerproe en pap en kaiings, wat kan dan lekkerder wees? Die Mampoerfees, aangebied deur die Kultuurstokersgilde van Suid-Afrika, was ʼn jolige affêre met pretritte soos perdry en ossewary. Daar was ook broodbak en sweepslaan en nog vele meer wat vir pret gesorg het.

Deelnemers aan die aartappelskilkompetisie moes kyk wie binne drie minute die langste moontlike skil uit een aartappel met ʼn mes kon sny. Hulle kon self hul eie aartappel kies en het almal dieselfde soort mes gebruik. Andries Reynecke is uiteindelik as die wenner aangewys. Die rekord staan op 3,21 meter uit een aartappel.

Feesgangers se monde het lekker gebrand tydens rissie-eetkompetisie. Die persoon wat die meeste groen of rooi rissies binne 30 sekondes kon eet, kou en insluk sonder om enigiets te drink, het hier met die louere weggestap. Dié rekord staan op 28 rissies binne 30 sekondes.

En terwyl die tonge brand en aartappelskille val, het die ATKV se orkes gesorg vir lekker musiek wat verder bygedra het tot die genot van die Mampoerfees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

erika jesy-lee coetzer ·

Vriendin ek is onsetend trots op jou, jou eerste storie is pyk uit een gesit liefde en groete j.lee (erika) en ek weet soMmer jy gaan nog vir jare lank vir ons nog goeie stories bring

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.