Shavonne wen Basta!-luisteraarsgunsteling

 

Shavonne de la Fontaine se liedjie, Ons wonderlike land, is die wenner van die Basta!-luisteraarsgunstelingkompetisie wat op Maroela Media aangewys is. Sy wen ‘n kontantprys van R3 000.

Shavonne is ‘n 15-jarige dogter van Upington. Sy skryf: “Ek voel Suid-Afrika is vol geleenthede, ons elkeen moet net uitgaan en daardie geleenthede met albei hande aangryp.”

Ons hoop om sommer nog baie uit haar pen te hoor!

Solidariteit Tydskrif het ʼn liriekskryfkompetisie gehou waaraan skoliere landswyd kon deelneem. Die opdrag? “Skryf lirieke gebaseer op Dirk Hermann se boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika.” Die skryfwerk van opgewonde skoliere het ingestroom, en uiteindelik is vyf finaliste gekies. Die finaliste se lirieke is daarna deur Waldo Greeff getoonset en deur Andries Hendrik Potgieter opgeneem vir sy nuwe CD, Basta! Die wenner van die liriekskryfkompetisie, Nico Nelissen van Bethlehem, se lied, Ons is Afrika, is deur Andries Hendrik en Steve Hofmeyr opgeneem vir die CD. As media-vennoot van die kompetisie het Maroela Media toe besluit om ‘n luisteraarsgunsteling aan te wys uit die res van die finaliste. Klik hier om na Nico se liedjie te luister en om meer inligting oor die kompetisie te bekom.

Liedjie: Ons wonderlike land

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/27642460″]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.