Skryfskool in Orania: ‘ʼn Voertuig vir ons hartstaal’

Frans de Klerk jr., Talia Hugo, prof. Nico Luwes, Lida Strydom, Stefnie Muller en Sumarie de Wet. (Foto: Ditsem Nuus)

Frans de Klerk jr., Talia Hugo, prof. Nico Luwes, Lida Strydom, Stefnie Muller en Sumarie de Wet. (Foto: Ditsem Nuus)

Die Orania Kunsteraad (OKeR) het op 4 Maart ʼn toneelskryfskool in Orania gehou. “Ons het verlede jaar ʼn toneelstuk opgevoer en dit was so suksesvol dat ons besluit het om ʼn skryfskool aan te bied,” vertel Stefnie Muller, die organiseerder van dié geleentheid.

Prof Nico Luwes, die aanbieder van die skryfskool, het die skrywers veral meer geleer oor die regie en spelriglyne van ʼn komedie. “Ons het ʼn tekort aan toepaslike komedie in Orania,” sê Muller.

Volgens Muller het 34 mense die skryfskool bygewoon. “Mense van Orania was daar en onderwysers het selfs van ons buurdorp, Hopetown, gekom om dit by te woon.”

“Ons hou nou ʼn kompetisie waaraan enigeen kan deelneem,” sê Muller. “Dit moet ʼn komedie wees van ongeveer ʼn uur lank wees. Die drie beste toneelstukke sal gekies word en prof Luwes gaan help met die slyp van dié inskrywings.” Die wenner se toneelstuk word in Desember opgevoer as deel van die kunsteraad se vakansieprogram.

Prof Luwes is van die Universiteit van die Vrystaat se departement van drama en teaterkuns. Hy het al 51 toneelstukke geskryf wat by nasionale en internasionale geleenthede opgevoer is.

“Dit was vreeslik opwindend. Ons het lekker gekuier en die mense was baie gasvry. Die mense het almal goed saamgewerk,” het Prof Luwes oor die skryfskool gesê.

OkeR se doel is om ʼn voertuig te skep waar Afrikaners hul hartstaal kan uitleef. Hulle bestaan sedert 1995 en bied jaarliks opwindende projekte aan. Vanjaar se projekte is onder meer om ʼn digbundel uit te gee, ʼn fotokompetisie te hou en ʼn kabaretfees aan te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johanna Botha ·

Ek dink Orania moet oorweeg om n kunstefees te begin dit kan dalk net n groot sukses wees

chris ·

Hulle het al klaar ‘n eie kunstefees: die Orania Karnaval. Dit word in April gehou.

Nico Luwes ·

Nou wag ek net vir die Afrikaanse toneelkstukke. Groete en dankie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.