Die Aardklop-toekennings, wat die beste skrywer en akteurs by dié jaar se Aardklop Nasionale Kunstefees vereer, is Vrydagaand by ‘n toekenningsfunksie by Mooi Galery in Potchefstroom uitgedeel.
Die paneel, Mareli Stolp (sameroeper), AJ Opperman, Lebona Sello, Alby Michaels, Antoinette Olivier en Ricardo Arendse het gesê dié jaar se Aardklop het hulle oë wyer oopgemaak vir teater.
“Goeie teater verander ons. Dit maak ons oë wyer oop, dit laat ons meer hoor, dit laat ons dieper voel. Ná hierdie Aardklop-week, van grootse teater en selfs groter diepte voel ons verander, verbeter, verryk. Geluk aan al die kunsmakers, teatermakers en vermakers!” het Stolp gesê.
Hier is die wenners:
Aardklop 2018 Beste Aktrise: Nadia Valvekens (Huishou)
Aardklop 2018 Beste Akteur: Albert Pretorius (Bloed en Bodem)
Aardklop 2018 Beste Regisseur: Christo Davids (My Seuns)
Aardklop 2018 Beste Algehele Aanbieding: My Seuns
ATKV – Aardklop Toekenning vir Grensverskuiwende Werk (slegs debuutwerke): Christo Davids (teks: My Seuns)
Aardklop 2018 Beste Byspeler: Donovan Pietersen (My Seuns)
Aardklop 2018 – Beste Nuutgeskrewe Afrikaanse Teks: Christo Davids (My Seuns)
Aardklop 2018 – Beste Musiekgedrewe Produksie: Krog
Aardklop 2018: Hartsvriende Beste Produksie: My Seuns