Sokkie saam met Afrikaanse kunstenaars

Die Super Sokkie vind plaas op 30 Januarie. Foto: Verskaf

Die Super Sokkie vind plaas op 30 Januarie. Foto: Verskaf

Afrikaanse kunstenaars soos Juanita du Plessis, Kurt Darren en Die Campbells nooi jou na die grootste sokkie wat nóg in Suid-Afrika gehou is.

Die Grand Arena by GrandWest Casino in Kaapstad gaan op 30 Januarie in ʼn sokkie-wonderland omskep word. As jy daarvan hou om te skoffel op Afrikaanse musiek van dié gewilde kunstenaars, is dít die plek om te wees.

Sandra Campbell, organiseerder van die sokkie, sê daar word beplan om ʼn wêreldrekord op te stel vir die meeste mense wat tegelykertyd sokkie. “Ons beplan ook om die grootste sokkiedansvloer in Suid-Afrika te hê,” het sy gesê.

Al die stoele in die Grand Arena gaan uitgedra word om te verseker dat die sokkiedansvloer gróót kan wees.

Die energieke Bok Radio DJ’s gaan ook by die sokkie bywoon en sorg vir groot pret. Liedjies soos “Kaptein”, “Skarumba”, “Rooi rok bokkie”, “Dans op die tafels”, “Bietjie bietjie lam” en “Lepellê” gaan die dansvloer vir vier ure aan die brand hou.

Bespreek by Computicket.

Kontak ook Sandra Campbell per e-pos by [email protected] vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.