2017 Fiëstas-benoemings: Woordfees, KKNK kraai koning

Die Fiëstas (Foto: Facebook)

Die Fiëstas (Foto: Facebook)

Stellenbosch se Woordfees, die KKNK op Oudtshoorn, Innibos op Nelspruit en Potchefstroom se Aardklop: Dit is maar enkele van die feeste wat vanjaar van die beste in Suid-Afrikaanse kuns, kultuur en musiek ten toon gestel het.

Die benoemings vir die 2017 kykNET Fiësta-toekennings, wat die room van dié produksies vereer, is vandeesweek bekendgemaak.

Die Fiëstas vereer sedert 2011 die rolspelers vir hul uitsonderlike bydraes tot die land se grootste kunstefeeste.

Naudé van der Merwe, sameroeper van die Fiëstas-paneel, sê die Fiëstas-paneel het in 2016 meer as 100 Afrikaanse debuutproduksies gesien.

“Ons het belangrike insig gekry in wat vir kunstenaars en feeste belangrik is en ons kon elke fees se unieke karakter voel. Die spieël wat kunstenaars vir gehore ophou, gee die tyd weer waarin ons leef en soms laat dit mens angstig, soms laat dit jou lag, huil, in verwondering staan, soms laat dit jou koud, maar meestal word jy geïnspireer.”

Vanjaar se toekennings het ook ʼn meer uitgebreide musiekkategorie waarin kunstenaars vereer word.

Die kategorie vir Beste Opkomende Kunstenaar is ook vanjaar terug met vier talentvolle jongelinge wat vir die toekenning in aanmerking kom.

Die kykNET Fiësta-toekenningsgeleentheid vind op Donderdag 23 Februarie 2017 in die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad plaas en word regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, gebeeldsaai.

Só lyk die benoemings:

Beste akteur

  • Chris van Niekerk – Pa (KKNK)
  • John Kani – So Ry Miss Daisy (Aardklop)
  • Stefan Erasmus – As (Woordfees)
  • Tobie Cronjé – Kul (KKNK)

Beste aktrise

  • Antoinette Kellerman – Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
  • Ilse Klink – Kristalvlakte (SOF)
  • Karli Heine – Heidi (KKNK)
  • Sandra Prinsloo – So Ry Miss Daisy (Aardklop)

Beste mansbyspeler

  • Albert Pretorius – Hond se Gedagte (Woordfees)
  • Dawid Minnaar – Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
  • Dean-John Smith – Kristalvlakte (SOF)
  • Tobie Cronjé – Heidi (KKNK)

Beste vrouebyspeler

  • Cintaine Schutte – Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
  • Lynelle Kenned – Heidi (KKNK)
  • Nicola Hanekom – Kul (KKNK)
  • Nicole Holm – In Ongenade (Woordfees)

Beste regie

  • Francois Toerien – Heidi (KKNK)
  • Jaco Bouwer – In Ongenade (Woordfees)
  • Marthinus Basson – Die Gangsters (Woordfees)
  • Nico Scheepers – Rooivalk (Woordfees)
  • Wessel Pretorius – Die Ontelbare 48 (Innibos)

Beste teaterontwerp

  • Birrie le Roux (kostuums) – Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
  • Francois Toerien en Kosie Smith (beligting, stel, kostuums) – Heidi (KKNK)
  • Jaco Bouwer (stelontwerp) – In Ongenade (Woordfees)
  • Rocco Pool (stelontwerp) – Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)

Beste spel in ʼn solo-vertoning

  • Anthea Thompson – My Briljante Egskeiding (Woordfees)
  • Frank Opperman – Hond (Innibos)
  • Richard September – Rooivalk (Woordfees)
  • Wessel Pretorius – Die Ontelbare 48 (Innibos)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering

  • Dana Snyman en Frank Opperman – Hond (Innibos)
  • Francois Toerien, Grethe van der Merwe en Wolf Britz – Hensop! (Woordfees)
  • Nico Scheepers – Rooivalk (Woordfees)
  • Wessel Pretorius – Die Ontelbare 48 (Innibos)

Beste opkomende kunstenaar

  • David Viviers – Klara Maas se Hart is Gebreek (KKNK)
  • Faith Kinnair – Valencia (KKNK)
  • Tarryn Wyngaard – Kristalvlakte (SOF)
  • Vashti Prins – Die Gangsters (Woordfees)

Beste prestasie in visuele kuns

  • Alex Hamilton – kurator van visuele kunsprogram (Woordfees)
  • Amanda Botha – Herinnering aan Distrik 6: ʼn Foto-uitstalling (SOF)
  • Hannalie Taute – Stink Afrikaners (Woordfees)
  • Lien Botha – Wonderboom (Woordfees)

Beste prestasie in klassieke musiek

  • Erik Dippenaar, Elsabé Richter en Bridget Rennie-Salonen – Camerata Tinta Barocca: Handel in die Voorkamer (KKNK)
  • Grethe Nöthling, Mathildie Wium en Stephanus Muller – Nagmusiek (KKNK)
  • Stefan Temmingh en Erik Dippenaar – Corelli & Co. (Woordfees)
  • Albie van Schalkwyk, José Dias en Francois du Toit – Three Pianos (Vrystaat)

Beste musiekgedrewe produksie – Arena

  • Die Liedjieboer (Woordfees)
  • Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band (KKNK)
  • Boontoe: Engelstemme vir Paasfees (KKNK)
  • Kô Laat Ons Sing – Adam Small (Woordfees)

Beste musiekgedrewe produksie – Podium

  • Hunkering na die Ses (SOF)
  • Mathys Roets (Aardklop)
  • Naledi Berge Nog So Blou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.