Aardklop 2014: Dowwe Dolla: vlymskerp humor wat jou laat nadink

Dowwe Dolla Foto: Annelize Langeveldt, verskaf deur die Aardklop-mediakantoor

Dowwe Dolla Foto: Annelize Langeveldt, verskaf deur die Aardklop-mediakantoor

Net soos meeste mense, het die arme Dowwe Dolla nou te doen met belasting. Sy het besluit om al die kennis wat sy opgedoen het met die land te deel.

In ddbb… Dowwe Dolla Betaal Belasting gesels sy oor belastingvorms, konsultante en belsentrums. Toe Dolla uitvind dat die tyd aangebreek het om belasting te begin betaal, het sy aanvanklik besluit om self die belastingvorms en registrasie vir e-filing aan te durf. Kort voor lank besef Dolla sy sal die hulp van n konsultant moet inroep en hier ontmoet sy vir Rashid van die vlaktes.

Dolla laat uit oudergewoonte die gehoor skater van die lag en raak deur middel van vlymskerp humor, kwessies aan wat jou eers laat lag, maar ook vir ‘n oomblik laat nadink.

Net so kry sy dit ook reg om jou te laat lag vir situasies wat andersins veel meer ernstig sou gewees het.

Dowwe Dolla betaal belasting gaan jou laat ontspan en vir ‘n oomblik laat vergeet hoe swaar en ernstig die lewe kan wees. Vir ‘n oomblik kan jy lag oor die belasting wat jy moet betaal, korrupte politici en ook ʼn bietjie vir jouself.

Dowwe Dolla is tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien by Girls High. Maroela Media is met trots die mediavennoot van hierdie venue. Klik hier om te sien watter ander produksies hier wys.

Kaartjies is hier beskikbaar teen R110.

Girls High
9 Oktober 2014 om 12:30
10 Oktober 2014 om 14:30
11 Oktober 2014 om 20:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.