‘n Paar van die produksies wat vanjaar by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien was, is Vrydagaand vereer.
Rolanda Marais het die Clover Soveel Beter-prys vir die Beste Aktrise ontvang vir haar rol in Die Seemeeu. Dié verwerking van Anton Tsjechof is ook vereer met die Beeld Aartvarkprys vir innoverende en grensverskuiwende werk.
De Klerk Oelofse het die prys vir beste akteur ontvang vir sy rol in Na-Aap.
Die komiese Afrikaanse opera, Poskantoor is bekroon vir die beste algehele aanbieding.
Marthinus Basson is aangewys as die beste regisseur vir die stuk Bloed en Rose: die lied van Jeanne en Gilles.
Die meesterstuk Vir ewig en altyd met Marius Weyers en Sandra Prinsloo is aangewys as die gewildste produksie onder feesgangers.
Die Clover Mama-Afrika-prys vir beste geemenskapskunstenaar of projek is oorhandig aan Medupi.
Die legendariese skrywer PG du Plessis wat vanjaar sy 80ste verjaarsdag vier, is ook tydens die geleentheid vereer.
- Christiaan Olwagen, regisseur van Die Seemeeu, ontvang die Beeld Aardvark-prys vir grensverskuiwende werk Foto: Burger Meyer, Maroela Media
- Dr. PG du Plessis en prof. Hans du Plessis by die toekennings geleentheid van die 2014 Clover Aardklop Nasionale Kunstefees Foto: Burger Meyer, Maroela Media
- Richard September en Lee-Anne van Rooi van die produksie Rondomskrik wat vanjaar by Aardklop te sien was Foto: Burger Meyer, Maroela Media
- Rolanda Marais (beste aktrise – Die Seemeeu) en De Klerk Oelofse (beste akteur – Na-aap) Foto: Burger Meyer, Maroela Media