Aardklop 2014: Kom lag lekker saam!

Joanie Combrink, Susanne Beyers en Elsabé Daneel in "Feeskatte"

Joanie Combrink, Susanne Beyers en Elsabé Daneel in “Feeskatte”

Maroela Media is vanjaar die trotse mediavennoot van die produksies wat tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees by Girls High in Potchefstroom aangebied word.

Die volgende toneelstukke word tussen 7 en 11 Oktober 2014 by Girls High aangebied:

Gepiekel
Dié komiese drama van Schalk Schoombie, wenner van die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys in 2012 vir Liefde, Anna, speel af op ’n Vrystaatse dorpie waar behoudende waardes so swaar weeg soos die kuns van piekel. Josias Appelgryn profeteer dat hy ná 100 dae uit die dood gaan opstaan. Dis voorbladnuus en die hele gemeenskap is in rep en roer. Ester se resep vir ingelegde suurappeltjies bewaar ’n donker geheim. Spys en drank kan jou vreemde dinge laat sien en glo en dis die twee kinders, Laura en Petrus, wat die kloutjie by die oor moet bring. Wat het regtig met Josias gebeur? Klik hier om ‘n video oor Gepiekel te sien.  Met Henriëtta Gryffenberg, Marie Pentz, Alwyn van der Merwe, Altus Theart, Desire Gardner en Francois Viljoen. Teks: Schalk Schoombie. Regie: Henry Mylne. Vervaardiger: Giep van Zyl. ’n Clover Aardklop-produksie. Première.
Klik hier om kaartjies te koop vir Gepiekel.

Dowwe Dolla in "ddbb... Dowwe Dolla betaal belasting"

Dowwe Dolla in “ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting”

ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting
Dolla sukkel om haar eerste belastingopgawe in te dien en kry hulp by eksperts soos Kenny Kunene en Rashid van die Vlakte. Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in charge is van die geld wat sy betaal en maak ’n dinner date met die ambassadeur van China. Dolla vat die gehoor weer eens op ’n roller-coaster-rit wat elke nou en dan dreig om te ontspoor… want net soos brandewyn, het belasting nie brieke nie. Klik hier om ‘n video oor ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting te sien.
Klik hier om kaartjies te koop vir ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting

Feeskatte
Wat is ’n kunstefees sonder katte met Boere-Ascot-veredosse? ’n Kleedkamerdeur klap toe. Pandora-poppe dans. Die feeskatte het geen wegkomkans van botsende mantras nie. Die pressure cooker blaas sy top en die Papageno-vere vat vlam. Is nege lewens genoeg om jou op jou pote te laat land? Met Elsabé Daneel, Joanie Combrink en Susanne Beyers. Teks: Christiaan Olwagen en Martelize Kolver. Regie: Christiaan Olwagen. Vervaardiger: Elsabé Daneel Produksies. Ondersteun deur Fat Bastard en NB-Uitgewers.
Klik hier om kaartjies te koop vir Feeskatte.

HOL Marion!
Hol jy saam, hol jy weg of hol jy in die hek vas? Ons almal hol mos anders en vir ander redes! Marion Holm hol vir haar lewe. Sy hol vir haar brood en botter… letterlik, want sy’s hol van binne, soos in leeg… soos in HONGER! Met Marion Holm. Teks: Marion Holm en Chris Vorster. Regie: Chris Vorster.Vervaardiger: Handyminds
Klik hier om kaartjies te koop vir HOL Marion!

Affairs vir domkoppe 2
Nou maar toe, julle het gevra, gesmeek en gepleit vir ’n opvolg en hier is dit nou. Vars gebak! En laat ons nou nie doekies omdraai nie – die nuwe domkoppe is selfs dommer as die ou domkoppe. As jy die eerste domkoppe kom kyk het, sien ons jou beslis weer. Indien nie, hier’s jou kans om IN te wees by die cool groep. Mens hoef ook nie die eerste Domkoppe te gesien het om die opvolg te verstaan of te geniet het nie! Soos in die eerste Affairs maak Chris verskeie bekende persoonlikhede skitterend na, hierdie keer is daar o.a. Tobie Cronjè, Steve Hofmeyr, Shaleen Surtie-Richards en Die Flooze. Met Chris Vorster as die praatkous, Pierre van Pletzen as die berader en met Willie Steyn se bitter kunstige kunswerke. Terloops, die eerste Domkoppe is genomineer vir ’n Fiësta-prys – dit spreek vanself. Vervaardiger: Giep van Zyl. Première.
Klik hier om kaartjies te koop vir Affairs vir domkoppe 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lynni ·

Mooi so Maroela Media. Jul sal van krag tot krag gaan. Jul nuus is gratis en akkuraat. Wat mens nie van ‘n ander media huis kan se nie. Daar moet ons mos nou betaal om afrikaans op internet te lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.