Amor Vittone wéér die ‘skurk’

Doringrosie (Foto: Verskaf)

Doringrosie (Foto: Verskaf)

Sy was maar pas 18 toe prinses Aurora haar vinger op ʼn spinwiel prik en ʼn diep slaap verval. Dié prik sou haar tot in ewigheid laat slaap, behalwe as ʼn soen van die prins haar kon laat ontwaak…

Dié fantasiewêreld van sprokies en romanse herleef van 5 Mei tot  4 Junie in Emperors Palace in Kemptonpark wanneer dié klassieke verhaal te sien is as ’n splinternuwe Afrikaanse pantomime, Doringrosie.

Charlize Berg vertolk die titelrol teenoor Marno van der Merwe as die heldhaftige prins Aalwyn. Amor Vittone is Belladonna (Maleficent), terwyl Hannes Brümmer en Tiaan Rautenbach die twee goeie feë is.

Vittone was onlangs ook in 7de Laan te sien as die ‘wilde’ Zelda wat behoorlik amok gemaak het in die Laan. Die sangeres is wyd geprys vir haar uitbeelding van dié karakter.

Doringrosie word vervaardig deur Renier en Lise-Marie Keyser van Add-Life Productions. Dié egpaar is sedert 2007 bekend vir hul keurige oorspronklike Afrikaanse musiekspele soos Houtkruis, Ester, Aspoestertjie en Sneeuwitjie.

Soos dié suksesverhale is Doringrosie ’n opwindende avontuur met iets vir almal: Kwinkslag-humor vir die ouers vervleg met die mooiste sprokieselemente vir die kinders.

Doringrosie is te sien om 11:00, 15:00 en 19:30 op Saterdae en Sondae sowel as 19:30 op Donderdae en Vrydae.

Kaartjies kos tussen R170 en R270 by Computicket of by enige Checkers. Vir groepbesprekings of spesiale afslag vir Winners Circle-lede, kontak die Emperors Palace-kaartjiekantoor by 011 928 1297.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

sarie van heerden ·

Amor Vittone vind nie by almal byval met haar sang of toneelspel nie.

Estelle ·

Amor en ander se persoonlike lewens het niks met my te doen nie. Elkeen van ons het die reg om met ons lewens te maak wat ons wil. Amor het in 7de laan bewys dat sy n goeie aktrise is. Soos elk van ons n werk het is dit haar werk om toneel te speel en te sing.

Chris ·

Nee wat sy sal my nie teater toe lok nie. Ek is baie lief vir teater maar dink ek sal haar skiep.

LeonC ·

Kink my jy het die teater jou Hele lewe in elk geval geskiep. Amore keep up the good work.

Shame ·

Kan nie glo daar is nog mense wat hierdie swak program kyk nie. Julle lewe moet of rêrig verveeld wees of julle het eenvoudig nie dstv nie.

My tweesent bydrae ·

Charlize Berg kry nie die erkenning wat sy verdien nie . Sy is n talentvolle sangeres . Ek hoop hierdie produksie kan haar Internasionale blootstelling gee .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.