Bekroonde eenmanproduksie weer op planke

Frank Opperman vertolk die rol van Seb in die solostuk “Ek wens, ek wens”. (Foto: Verskaf)

Die talentvolle Frank Opperman is binnekort weer te sien in sy soloproduksie – Ek wens, ek wens.

Ek wens, ek wens is ’n fabelagtige verhaal oor Seb, ’n lykbesorger wat ’n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei. Sy lewe is een van roetine en kleinighede, en hy sien lankal nie meer die wonder en grootsheid van die lewe raak nie. Tot hy eendag ’n engelagtige seuntjie, Gawie, ontmoet. Die magiese gevolge van hierdie ontmoeting noop Seb om te vra: As ek net een wens het, waarvoor sal ek wens? ’n Ander werk, ’n klomp geld, beter verhoudings met die mense om my? Wat is vir my belangrik? Wat wil ek die graagste in my lewe hê?

Dié produksie het laas jaar op die planke verskyn tydens Aardklop se Opwipfees wat by die Voortrekkermonument, Pretoria, gehou is. Opperman het weggestap met ’n toekenning vir beste akteur, en die produksie is as 2021 se beste produksie bekroon. Zirk van den Berg se sprokie vir grootmense is boonop bekroon met die WA Hofmeyer- en die kykNET-Rapport-prys.

Phillip Rademeyer, skrywer en regisseur van Opperman se jongste solostuk, beskryf die produksie as ’n intieme, menslike storie oor hoop, drome en verandering.

“Met my eerste (en tweede en derde) lees van Zirk van den Berg se boek het hierdie vrae aan my bly krap. Dis veral nóú pertinent, terwyl die wêreld (en veral die kunste) gebuk gaan onder ’n pandemie wat soveel uitdagings en hartseer meebring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.