Benoemings vir Fiëstas aangekondig

Antoinette Kellermann en Edwin van der Walt in ‘Koningin Lear’. (Foto: KKNK/Hans van der Veen)

In 2020 word die tiende kykNET Fiësta-toekennings gevier. Die benoemings vir dié gesogte kunstetoekennings is pas aangekondig.

Dié geleentheid is ’n inisiatief om die beste werk van die afgelope feesjaar te vereer.

Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – die US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse.

Koningin Lear, met Antoinette Kellermann, André Roothman, Rolanda Marais en Anna-Mart van der Merwe, het vanjaar nege benoemings ingeryg, terwyl Samson en Tien duisend ton elk vyf benoemings gekry het.

Die 10de kykNET Fiësta-toekennings sal op Sondag 9 Februarie 2020 in Kaapstad toegeken word tydens ’n regstreekse uitsending wat op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai word.

Benewens die benoemings kan die publiek ook vanaf 13 Desember tot 13 Januarie vir hul gunsteling‑fees stem op die kykNET webblad.

Hier is die volledige lys benoemings:

Beste akteur

Albert Pretorius – Tien duisend ton

André Roothman – Koningin Lear

Brendon Daniels – Queenie-hulle

Laudo Liebenberg – Katvoet

 

Beste aktrise

Antoinette Kellermann – Koningin Lear

Cintaine Schutte – Tien duisend ton

Jill Levenberg – Queenie-hulle

Tinarie van Wyk Loots – Katvoet

 

Beste manlike byspeler

Edwin van der Walt – Koningin Lear

Jaques de Silva – Queenie-hulle

Marius Weyers – Katvoet

Wilhelm van der Walt – The Borrow Pit

 

Beste vroulike byspeler

Anna-Mart van der Merwe – Koningin Lear

Devonecia Swartz – Jakkals en Wolf Onbeperk

Nicola Hanekom – Be(t)roudag

Rolanda Marais – Koningin Lear

 

Beste regie

Brett Bailey – Samson

Christo Davids – Queenie-hulle

Marthinus Basson – Koningin Lear

Nico Scheepers – Tien duisend ton

 

Beste teaterontwerp

Brett Bailey (kostuums) – Samson

Brett Bailey en Tanya P. Johnson (kunswerke en ontwerp) – Samson

Marthinus Basson (teaterontwerp) – Koningin Lear

Wolf Britz (stel- en beligtingsontwerp) – Statements After an Arrest Under the Immorality Act

 

Beste spel in ʼn solo-vertoning

Chris Vorster – Die Hart Verklap

Cintaine Schutte – Die dinge van ʼn kind

Craig Morris – Johnny Bosk*k voel ʼn bietjie…

Sandra Prinsloo – Kamphoer – Die Verhaal van Susan Nell

 

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks

Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle

Herschelle Benjamin – In Slavenhuis 39

Malan Steyn – Jakkals en Wolf Onbeperk

Retief Scholtz – Die voordele van eierwit

 

Beste opkomende kunstenaar

Cantona James – In Slavenhuis 39

en Jakkals en Wolf Onbeperk

Emma van Heyn – Met slenterslag na Sjanghai

Jane Mamotse Mpholo – The Island

Nombulelo Yende – La Serva Padrona

Wian Taljaard – Jakkals en Wolf Onbeperk

 

Beste prestasie in klassieke musiek

Bongani Kubheka en Nombulelo Yende – La Serva Padrona

Camerata Tinta Barocca onder leiding van Erik Dippenaar – Glorious Baroque

Charl du Plessis – Solo

José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

 

Beste prestasie in visuele kuns

Abrie Fourie en Harrie Siertsema – Verf dit Swart/Paint it black

Banele Khoza – Seeking Love

Cedric Nunn – Blood Relatives

Jean Theron Louw – My Afrika-wildehonde

 

Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug

kykNET Rock Nou!-konsert

kykNET Verjaardagkonsert (kykNET-verjaardagkonsert)

Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman

Toe ek 20 was

 

Beste musiekgedrewe produksie: Podium

ALTEmit Acapella

Amanda Strydom – Miss Mandy

Eet Kreef!

My land, my klank

 

Beste musiekgedrewe produksie: Teater

Jakkals en Wolf Onbeperk

Nataniël: Anthem

Samson

Woorde op Akkoorde

 

Beste aanbieding

Katvoet

Koningin Lear

Queenie-hulle

Samson

Tien duisend ton

 

 

Beste duo of ensemble

Die intermissie

Jakkals en Wolf Onbeperk

Queenie-hulle

The Island

 

Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk

Antjie Krog – Koningin Lear

Cecilia du Toit, Lara Foot en Sandra Prinsloo – Kamphoer – Die Verhaal van Susan Nell

Francois Toerien  – Die dinge van ’n kind

Nico Scheepers – Tien duisend ton

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.