Binnekamer

26-27 Augustus 2011 / Atterbury Teater

Dit was lankal tyd vir `n nuwe vertoning van musiekteaterdiva Amanda Strydom. Hertzogpryswenner Deon Opperman en musieklegende Janine Neethling het albei sonder om twee keer te dink `ja` gese. Drie besonderse teatermense; een besonderse show. Amanda Strydom en Janine Neethling op die verhoog, met haar nuwe vertoning – Binnekamer. Sopas terug van KKNK Fees af. Teks en Regie: Deon Opperman.

“Diegene wat nou al ‘n pad met Amanda Strydom gestap het,sal weet dat haar vertonings jou sal dryf na trane terwyl jy skaterlag en jou emosies prober beheer. Binnekamer is geen uitsondering nie. Dit neem ‘n mens op reis na die diepste dieptes van haar siel- haar binnekamer. ‘n Reis,wat,soos Amanda sê,”jou neem van die hel na die paradys”. Met briljante teks en regie deur Deon Opperman en musiekverwerking deur Janine Neethling, kan ‘n mens nie help om saam op reis te gaan en jou eie “binnekamer” te ontdek nie. – daar ontmoet jy jou ware self. Dit is ‘n emosiebelaaide kabaretvertoning en ‘n moet vir die diepdenkers en Amanda-aanhangers”
Hans Croucamp,Krit,6 April 2011

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.