ʼn Video van Bobby van Jaarsveld wat gesels oor sy nuwe rol volg onderaan die berig.
Bobby van Jaarsveld was verlede jaar te sien in die musiekblyspel Liefling en aanhangers kan nou uitsien na wanneer hy sy volgende verskyning op die verhoog maak as Josef in die produksie Droomkind.
Hoewel Droomkind getrou bly aan die storie van die Bybelse Josef, is die verhaal bietjie aangepas en speel af tussen 1940 en 1960 op ʼn plaas in die Karoo.
Dieselfde kreatiewe span wat aan Liefling en Ester gewerk het, is ook die vervaardigers van Droomkind. Ander bekendes wat ook te sien is in die verhoogstuk is onder andere Philip Moolman en Marisa Drummond.
Maroela Media het met Bobby gesels oor sy rol en waarna mense kan uitsien vir die produksie.
Droomkind begin op 5 April by die Staatsteater Opera-verhoog.
Maroela Media gee ook binnekort ‘n paar dubbelkaartjies vir Droomkind weg: hou die webwerf dop vir meer inligting!
Ek sien baaaaaie uit na droomkind. Juis omdat ‘n Bybelse verhaal is wat handel oor Josef. Soos Bobby sê dit gaan oor om hoop te hê… Dit behoort ‘n inspirasie te wees vir baie mense wat al wou of wil moed opgee. Ek kab glad nie wag vir die vertoning nie. Sterkte aan amal wat deel is hiervan. Xx
Kanie wag om v bobby te sien nie…!