Die Boer-teater: Leon en Rocco … en ander instrumente

Foto: Verskaf

Leon van Nierop en Rocco de Villiers. Foto: Verskaf

Daar’s ʼn Leon, ʼn Rocco, ʼn tikmasjien, ʼn klavier … en ander instrumente.

Leon van Nierop en Rocco de Villiers, twee bekendes in die vermaaklikheidswêreld, doen in dié produksie wat hulle glo hulle kán doen, wat hulle góéd kan doen en nié so goed kan doen nie, wat hulle wíl doen maar ook nié wil doen nie … en: wat hulle nou vir die eerste keer wil waag om te doen! Dit bring ʼn lighartigheid, erns en draakstekery met mekaar na die verhoog – maar dit bly altyd vermaaklik en verrassend.

Hulle beweeg van die bekende na die onbekende (vir die gehoor, maar ook vir hulself), en waag dit buite hul gemaksones na ongemaklike (en ongerieflike!) sones. So gaan hulle op ʼn reis wat wie weet waar gaan eindig!

“Leon is snaakser, slimmer en stouter as wat ek gedink het. Hy is baie meer as ʼn radiostorie – voorwaar ʼn woord-towenaar, ʼn ikoon. Die vertoning saam met hom was verrykend, verrassend en ʼn juweel op my CV,”  sê Rocco de Villiers.

Dit is een van die verrassende, en op die oog af mees onwaarskynlike kombinasies, maar Rocco de Villiers en Leon van Nierop het ʼn hele paar raakpunte ontdek in die wyse waarop hulle grootgeword en hoe dit hul loopbane beïnvloed het. Dit word op dikwels joviale en uitbundige wyse weerspieël in hul vertoning, “Leon en Rocco en ander instrumente”.

Jy gaan ʼn groot verrassing kry!

Die vertoning word by Die Boer-restaurantteater in Durbanville op 5 en 6 Augustus om 20:30 aangebied. Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.