Die Groot Trek op die verhoog

Gera Phielix as Ouma Johanna in “Trek”

Gera Phielix se eenvrouvertoning, Trek gee ʼn stem aan van die individue wat deel was van die Groot Trek, veral die vrouens wat hierdie harde en lewensgevaarlike tog in die vreemde onderneem het.

Ter viering van die 175ste herdenking van die Groot Trek ondersteun Maroela Media dié verhoogproduksie. In die toneelstuk beeld Phielix die daaglikse hartseer en vreugdes van die Groot Trek uit deur die oë van vier vroue wat die trek meegemaak het: ʼn jong meisie, ʼn volwasse vrou, ʼn ouma en ʼn slavin.

Die produksie handel oor geheime, verhoudings en avontuur gedurende ‘n tyd van beproewing.

Die produksie is ʼn vertoning wat elke Suid-Afrikaner moet beleef!Die vroue kan nie oor die weg kom nie, maar sonder mekaar sal hulle nie oorleef nie. En dan arriveer die brief wat dreig om dié fyn balans te verwoes.

Trek is op 16 en 17 Julie 2014 by die Vryfees in Bloemfontein te sien.
trek gera 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Huisvrou ·

Kan Trek nie maar op Potgietersrus tydens die Kierieklapperfees ook aangebied word nie? Dan kan ons plattelanders ook die voorreg smaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.