Die jaar van Disney-produksies by die People’s Theatre

The Little Mermaid. Foto: Verskaf

The Little Mermaid. Foto: Verskaf

Verskeie Disney-verhoogproduksies gaan binnekort op die planke wees by die People’s Theatre in Johannesburg.

Jill Girard en Keith Smith, die direkteure van die People’s Theatre, sê dié teater het vanjaar ʼn groot verskeidenheid aanbiedinge vir jonk en oud. “Ons is opgewonde oor die verskeidenheid aanbiedinge wat ons in 2016 vir teatergangers gaan bied. Ons is in ekstase omdat ons die geleentheid kry om die Disney-stories te vertel,” het hulle vertel.

Die gewilde storie van Aladdin gaan in Maart en April vanjaar by dié teater te sien wees. Die musiekblyspel sluit Alan Menkin se bekroonde liedjies, soos “A new whole world”, in. Dié gewilde verhaal van dapperheid en onselfsugtigheid sal na verwagting oud en jonk vermaak.

Produksies soos 'Shrek' gaan te sien wees. Foto: Verskaf

Produksies soos ‘Shrek’ gaan te sien wees. Foto: Verskaf

Teatergangers kan ook uitsien na die verhoogproduksie Peter Pan in Junie en Julie vanjaar. Dié verhoogproduksie is ‘n gemoderniseerde weergawe, wat geïnspireer is deur die gelyknamige Disney-fliek en magiese verhaal wat geskryf is deur JM Barrie. Die musiekblyspel sal die gehoor vermaak met ou gunstelinge, met sommige wat opwindend en nuut verwerk is, soos “Following the leader” en “You can fly”. Kinders sal die geleentheid kry om karakters soos Peter Pan en Wendy Darling te ontmoet.

Disney-liefhebbers kan ook uitsien na die verwerkte musiekblyspel van die Dr. Seuss-boeke, naamlik Seussical, wat later vanjaar gehou word. Die musiekblyspel beloof om lewe te gee aan karakters soos “The Cat in the Hat” en “Horton die olifant”, met interessante kinkels.

Verskeie ander produksies, onder meer ‘Shrek’, gaan ook te sien wees. Vir meer inligting oor datums en kostes, besoek die People’s Theatre webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kellies ·

Kyk daai een se groen gesig!! Gaan seker ook nou ge-blackface beskuldig word?? Haal dan sommer nou al die produksies van die verhoog af!! HAHA!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.