Die rebellie van Lafras Verwey

Albert Maritz se produksie Die rebellie van Lafras Verwey wat tans by die US Woordfees vertoon, is ʼn meesterlike verwerking van Chris Barnard se veelbekroonde en wyd vertaalde radiodrama.

Dis ʼn verhaal van Jan Alleman – vasgevang in ʼn burokratiese bestel met ʼn behoefte om ʼn nalatenskap te los, ʼn verandering te maak en vir iemand te sorg. Dis ʼn storie waarmee ons elkeen kan identifiseer.

Die styl waarin die produksie opgevoer word, is eksperimenteel – dit is ʼn hoorspel en die foley-kunstenaar is saam die akteurs op die verhoog. Elke hoek van die verhoog word gebruik en ek het ophou tel hoeveel verskillende “stelle” gebou word. Die Kaapse geselskap, The Mechanicals, is verantwoordelik vir die produksie en hul gebruik van eenvoudige deurrame en tafels verander die klein verhogie telkens meesterlik in ʼn nuwe ruimte. Carel Nel is uitmuntend in die rol van Lafras Verwey en tesame met die doeltreffende gebruik van beligting en klank om sy toenemende verlies aan sinne uit te beeld, is hierdie produksie een wat jy nie kan misloop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.