Dowwe Dolla: 007 – Die avontuur begin…

25 Julie 2011 / Barnyard Menlyn

Vooraf-vertoning deur Steve D. Eers was daar Plenty O’Toole, Honey Ryder en nou Dowwe Dolla – 007. Sy hou van haar sjokolade MoShaik gepluk, nie geskud nie. Dolla sluit aan by die Departement van Oninteligensie (sy’t hard gesoek, want daar’s baie van hulle in die staatsdiens). Haar missie: om die misterieuse organisasie DOM (Diaboliese Onnosele Morone) te infiltreer waar hulle ookal skuil: in die politiek, die sportarena en die glanswêreld – Dolla se 2010 gaan besig wees. Want Dr No het uitgevind you don’t live(r) twice, Shabir gaan duidelik Die Another Day, Mike Bolhuis het sy License to Kill by die Spar gekoop en, as Amor haar kaarte reg speel, gaan sy Moerryker wees. Dowwe Dolla 007: die avontuur begin…

HIERDIE VERTOONING HET ‘n OUDERDOMBESPREKING VAN 16

Kaartjies is R110pp
Die vertoning begin 20:00
Deure open 18:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.