Ester

6 September – 2 Oktober 2011

Die vervaardigers van Houtkruis Die Musical en AfriFrans in samewerking met Joe Niemand bied aan ’n nuwe Afrikaanse Gospel musiekspel: Ester.

Ester vertel hoe die geloof en vernuftigheid van een jong vrou ’n hele nasie van uitwissing red. Met indrukwekkende dekor, pragtige periode kostumering en Afrikaanse musiek besiel met Arabiese klanke, gaan Ester die hoogtepunt wees op die Suid-Afrikaanse verhoog hierdie jaar.

The kreatiewe span

Die Suid-Afrikaanse publiek en teater kritici was beïndruk deur Add-Life Productions se eerste musiekspel: Houtkruis Die Musical. Hierdie “eg Suid-Afrikaanse musiekspel wat gehore op hul voete het” (Rapport) staan “sy plek vierkantig vol in die genre” (Die Burger). Met meer as 55,000 kaartjies verkoop tydens 2008/2009, is die produksie veral geprys vir Houtkruis se besondere dekorontwerp en inspirerende vertelling.

Joe Niemand het geen bekendstelling nodig nie; sy optredes wêreldwyd saam met Angus Buchan en sy unieke talent as liedjieskrywer het al duisende mense aangegryp. Joe skep al die musiek vir Ester, wat ook sy splinternuwe treffer, “Ek sal nie bang wees nie” as temalied insluit.

Matthys Maree is die vervaardiger van meer as 150 CDs, en sy onlangse albums AfriFrans and AfriSpaans het reeds platinum en goud geslaan. As ’n gesogte pianis in Suid-Afrika en oorsee, begelei Matthys gereeld al die top Suid-Afrikaanse sangers en het hy al opgetree as Musikale Regisseur van verskeie Gospel vertonings.

Datums
Vertonings: 6 September tot 2 Oktober 2011

Tye
Aandvertonings om 8 uur (Dinsdae tot Saterdae)
Middagvertonings om 3 uur (Saterdae en Sondae)

Kaartjiepryse
Dinsdae tot Donderdae: R140–R200
Vrydae tot Sondae: R160–R260

Afslagpryse
10% Afslag op groepbesprekings van 10 kaartjies of meer

Regisseur: Renier Keyser
Skrywers: Renier en Lise-Marie Keyser
Liedjieskrywer: Joe Niemand
Musikale Regisseur: Matthys Maree

Vir meer inligting, stuur gerus ’n epos na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Endria ·

NELSPRUIT SE BUSSE SAL WEEREENS LOOP… SIEN JULLE! … ENDRIA(Houtkruis)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.