Fiëstas: ‘Die reuk van appels’ maak skoonskip

Paul du Toit vir Melk & Vleis (Foto: Sean Brand)

kykNET se gesogte Fiësta-toekennings is Donderdag by Montecasino Teatro in Johannesburg uitgedeel.

Honderde bekendes het onder die opelug op die bloutapyt bymekaargekom om die beste oes in die teaterbedryf van die vorige jaar te vier.

Die Afrikaanse komediant Schalk Bezuidenhout het as die seremoniemeester vir dié gewilde geleentheid optree. Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie het die verhoog met Bezuidenhout gedeel.

Die reuk van appels – gegrond op Mark Behr se opspraakwekkende roman van 1993 en nou, verwerk deur Johann Smith, met regie deur Lara Bye, Gideon Lombard as akteur en deur Theatrerocket as verhoogproduksie aangebied – het behoorlik opspraak gewek.

Dié produksie het met vier Fiësta-toekennings meer toekennings as enige ander produksie ingepalm.

Melk & vleis – die Griekse mite Medea wat nóú op ʼn Oos-Kaapse melkplaas afspeel – het ook die beoordelaars se aandag getrek en met twee toekennings huis toe gegaan.

Lees Maroela Media se resensies oor Die reuk van appels en Melk & Vleis.

Maroela Media het ook die kunstenaars op die tapyt gevra wat maak Afrikaans pret én met die wenners oor hul toekennings gesels.

Hier is ʼn volledige lys van die wenners:
Beste akteur
Paul du Toit – Melk & vleis

Beste aktrise
Tinarie van wyk Loots – Wild

Beste manlike byspeler
Kopano Maroga – Buite land

Shihaam Domingo vir Die riel van hip hop (Foto: Sean Brand)

Beste vroulike byspeler
Tarryn Wyngaard – Liewer

Beste regie
Lara Bye – Die reuk van appels

Beste teaterontwerp
Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite land

Beste spel in ʼn solo-vertoning
Gideon Lombard – Die reuk van appels

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks
Marina Albertyn – Melk & vleis

Paul du Toit vir Melk & Vleis (Foto: Sean Brand)

Beste opkomende kunstenaar
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

Beste prestasie in klassieke musiek
José Dias en Janelle Visagie – Pioniers

Beste prestasie in visuele kuns
Henk Serfontein – Winterslaap

Beste musiekgedrewe produksie – buitelug
Judith Sephuma

Beste musiekgedrewe produksie – podium
Stef Bos – Bos Innibos

Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats (Foto: Sean Brand)

Beste musiekgedrewe produksie – teater
Die riel van hip hop

Beste aanbieding
Die reuk van appels

Beste duo of ensemble
Nêrens, noord-kaap

Beste vertaling of verwerking van ʼn bestaande werk
Johann Smith – Die reuk van appels

Gewildste kunstefees
Aardklop

Die reuk van appels-span met onder andere Johann Smith, Rudi Sadler, Gideon Lombard en Lara Bye (Foto: Sean Brand)

Lewensbydrae tot teater
Carel Trichardt & Petru Wessels

Lewensbydrae tot teater
Simon Bruinders

Lewensbydrae tot teater
Trix Pienaar

Blou fiësta
DEURnis

Die Nêrens Noord-Kaap-span met De Klerk Oelofse, Nico Scheepers en Albert Pretorius (Foto: Sean Brand)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Osie ·

Geluk aan al die wenners. Boete vir die laaaaaaaaaaaaaaaaaang, uitgerekte, vervelige TV vertoning. Dit sou beter wees om sand te tel in die Namib as daai 2,5 ure se vertoning. G’n wonder daar was soveel lee sitplekke in die teater na die 1ste uur( Nice kamerawerk)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.