kykNET se gesogte Fiësta-toekennings is Donderdag by Montecasino Teatro in Johannesburg uitgedeel.
Honderde bekendes het onder die opelug op die bloutapyt bymekaargekom om die beste oes in die teaterbedryf van die vorige jaar te vier.
Die Afrikaanse komediant Schalk Bezuidenhout het as die seremoniemeester vir dié gewilde geleentheid optree. Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie het die verhoog met Bezuidenhout gedeel.
Die reuk van appels – gegrond op Mark Behr se opspraakwekkende roman van 1993 en nou, verwerk deur Johann Smith, met regie deur Lara Bye, Gideon Lombard as akteur en deur Theatrerocket as verhoogproduksie aangebied – het behoorlik opspraak gewek.
Dié produksie het met vier Fiësta-toekennings meer toekennings as enige ander produksie ingepalm.
Melk & vleis – die Griekse mite Medea wat nóú op ʼn Oos-Kaapse melkplaas afspeel – het ook die beoordelaars se aandag getrek en met twee toekennings huis toe gegaan.
Lees Maroela Media se resensies oor Die reuk van appels en Melk & Vleis.
Maroela Media het ook die kunstenaars op die tapyt gevra wat maak Afrikaans pret én met die wenners oor hul toekennings gesels.
Hier is ʼn volledige lys van die wenners:
Beste akteur
Paul du Toit – Melk & vleis
Beste aktrise
Tinarie van wyk Loots – Wild
Beste manlike byspeler
Kopano Maroga – Buite land
Beste vroulike byspeler
Tarryn Wyngaard – Liewer
Beste regie
Lara Bye – Die reuk van appels
Beste teaterontwerp
Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite land
Beste spel in ʼn solo-vertoning
Gideon Lombard – Die reuk van appels
Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks
Marina Albertyn – Melk & vleis
Beste opkomende kunstenaar
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats
Beste prestasie in klassieke musiek
José Dias en Janelle Visagie – Pioniers
Beste prestasie in visuele kuns
Henk Serfontein – Winterslaap
Beste musiekgedrewe produksie – buitelug
Judith Sephuma
Beste musiekgedrewe produksie – podium
Stef Bos – Bos Innibos
Beste musiekgedrewe produksie – teater
Die riel van hip hop
Beste aanbieding
Die reuk van appels
Beste duo of ensemble
Nêrens, noord-kaap
Beste vertaling of verwerking van ʼn bestaande werk
Johann Smith – Die reuk van appels
Gewildste kunstefees
Aardklop
Lewensbydrae tot teater
Carel Trichardt & Petru Wessels
Lewensbydrae tot teater
Simon Bruinders
Lewensbydrae tot teater
Trix Pienaar
Blou fiësta
DEURnis
Geluk aan al die wenners. Boete vir die laaaaaaaaaaaaaaaaaang, uitgerekte, vervelige TV vertoning. Dit sou beter wees om sand te tel in die Namib as daai 2,5 ure se vertoning. G’n wonder daar was soveel lee sitplekke in die teater na die 1ste uur( Nice kamerawerk)