Fiëstas: Só sê die wenners

gideon lombard

Gideon Lombard van ‘Die reuk van appels’. (Foto: Skermgreep uit die video)

Die jaarlikse Fiësta-toekennings het Donderdag by die Montecasino Teatro plaasgevind.

Die wenners van dié gesogte beeldjie het met Maroela Media gesels oor wat dié toekenning vir hulle beteken.

Paul du Toit, wat met die toekenning vir beste akteur vir sy spel in die stuk Melk & Vleis huis toe gegaan het, het gesê hy het op verlede jaar se Aardklop Nasionale Kunstefees vir die eerste keer in sy loopbaan van 25 jaar ʼn toekenning vir beste akteur ontvang. “Die Fiësta-toekenning is die kersie op die koek. Dit beteken vir my só baie.”

Simon Bruinders, Petru Wessels, Carel Trichardt en Trix Pienaar het elkeen ʼn prys ontvang vir lewenslange bydrae tot teater.

“Dit is ʼn baie besonderse voorreg. Ons is mos maar verslaaf aan ʼn applous en dit is een van die grootste toejuigings wat ek in my lewe gekry het,” het Bruinders gesê.

Kyk hier na die volledige lys wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.