Fleur du Cap-benoemings: ‘King Kong’ neem voortou

Sandra Prinsloo in ‘Moedertaal’ (Foto: Verskaf)

Talle van Suid-Afrika se voorste teatername pronk vanjaar weer op die benoemingslys vir die 52ste Fleur du Cap-teaterpryse was pas bekend gemaak is.

Dié toekennings vereer die beste akteurs, regisseurs, die teaterstelle en die indrukwekkendste tegniese aspekte van die produksies.

Die beoordelaarspaneel het vanjaar na altesaam 85 verskillende produksies gekyk om die benoemings vir dié toekennings te maak. Die paneel wat na studente se produksies gekyk het, het ʼn verdere 35 produksies in oorweging gebring.

Melanie Burke, voorsitter van die beoordelingspaneel, sê die paneel is baie opgewonde oor die verhoogde aantal benoemings vir beste nuwe draaiboek. “Die verhoogde inskrywings beteken dat plaaslike teatermakers al meer die stories wat die kern van ons gesamentlike, gedeelde ervaring is, vertel,” sê sy.

Die verhoogproduksie King Kong neem vanjaar die voortou vir die meeste benoemings (10 benoemings waarvan meer as een akteur in ʼn enkele kategorie) en word gevolg deur Priscilla Queen of the Desert en Marat/Sade.

Die toekennings word op 18 Maart by die Baxter-teater in die Wes-Kaap uitgedeel. Wenners ontvang R15 000.

Beste produksie

  • Die Reuk van Appels – Theatrerocket (Johan van der Merwe en Rudi Sadler)
  • King Kong – Fugard-teater (Eric Abraham)
  • Marat/Sade – Baxter-teater (Nicolette Moses)
  • Priscilla Queen of the Desert – ShowTime Management (Hazel Feldman)
  • What Remains – Nadia Davids

Beste akteur in ʼn produksie

  • André Roothman in Die Nag van Legio
  • Charlton George in Marat/Sade
  • Craig Morris in Tartuffe
  • Ephraim Gordon in Die Dans van die Watermeid
  • Marty Kintu in Topdog/Underdog

Beste aktrise in ʼn produksie

  • Buhle Ngaba in What Remains
  • Charmaine Weir-Smith in Suddenly the Storm
  • Faniswa Yisa in What Remains
  • Tinarie van Wyk Loots in Hemelruim
  • Tinarie van Wyk Loots in Marat/Sade

Gideon Lombard (Foto: Facebook)

Beste byspeler in ʼn produksie (man)

  • Bongile Mantsai in Marat/Sade
  • Darren Araujo in Shakespeare in Love
  • Gerben Kamper in Die Nag van Legio
  • Mark Elderkin in Twelfth Night
  • Wessel Pretorius in Twelfth Night

Beste byspeler in ʼn produksie (vrou)

  • Camilla Waldman in Tartuffe
  • Faith Kinnear in Marat/Sade
  • Jenny Stead in The Visit
  • Renate Stuurman in Suddenly the Storm
  • Robyn Scott in Shakespeare in Love

Beste akteur in ʼn musiekblyspel

  • Andile Gumbi in King Kong
  • David Dennis in Priscilla Queen of the Desert
  • Jonathan Roxmouth in Evita
  • Marc Lottering in Aunty Merle the Musical
  • Sne Dladla in King Kong

Beste aktrise in ʼn musiekblyspel

  • Ashleigh Harvey in Funny Girl
  • Edith Plaatjies in King Kong
  • Emma Kingston in Evita
  • Nondumiso Tembe in King Kong
  • Tarryn Lamb in Aunty Merle the Musical

Sandra Prinsloo in ‘Moedertaal’ (Foto: Verskaf)

Beste byspeler in ʼn musiekblyspel (man)

  • Anton Luitingh in Evita
  • Anton Luitingh in Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat
  • Sanda Shandu in King Kong
  • Tshepo Ncokoane in Priscilla Queen of the Desert
  • Tshamano Sebe in King Kong

Beste aktrise in ʼn musiekblyspel (vrou)

  • Candice von Litsenborgh in Priscilla Queen of the Desert
  • Isabella Jane in Evita
  • Josslynn Hlenti in King Kong
  • Kate Normington in Funny Girl
  • Tankiso Mamabolo in Aunty Merle the Musical

Beste ensemble

  • Marat/Sade
  • Priscilla Queen of the Desert
  • Shakespeare in Love
  • Tartuffe
  • What Remains

Beste optrede in ʼn revue, kabaret of eenmanvertoning

  • Daniel Mpilo Richards in State Fracture in Various Roles
  • Gideon Lombard in Die Reuk van Appels
  • Jemma Kahn in In Bocca al Lup
  • Sandra Prinsloo in Moedertaal
  • Tony Bonani Miyambo in Kafka’s Ape

Beste teaterproduksie vir kinders en jongmense

  • Fred Abrahamse en Marcel Meyer vir Peter Pan
  • Jon Keevy vir The Underground Library
  • Marinda Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck vir Vlooi en die Koninginby/Kipper and the Queen Bee

Tinarie van Wyk Loots en Paul du Toit in Hemelruim. Foto: Verskaf

Beste stelontwerp

  • Brian Thomson vir Priscilla Queen of the Desert
  • Greg King vir Suddenly the Storm
  • Jaco Bouwer vir Marat/Sade
  • Nicola Mayer vir Immortal
  • Nigel Hook vir The Play that Goes Wrong

Beste kostuumontwerp

  • Birrie le Roux vir King Kong
  • Birrie le Roux vir Funny Girl
  • Leigh Bishop en Lieze van Tonder vir Twelfth Night
  • Sasha Ehlers vir Tartuffe
  • Tim Chappel and Lizzy Gardiner vir Priscilla Queen of the Desert

Beste nuwe draaiboek

  • Die Dans van die Watermeid deur Amee Lekas
  • Suddenly the Storm deur Paul Slabolepszy
  • The Eulogists deur Louis Viljoen
  • The Visit deur Brent Palmer
  • What Remains deur Nadia Davids

Beste regisseur

  • Jaco Bouwer vir Marat/Sade
  • Jay Pather vir What Remains
  • Jonathan Munby vir King Kong
  • Lara Bye vir Die Reuk van Appels
  • Sylvaine Strike vir Tartuffe

Belowendste student

  • Luntu Masiza, AFDA
  • Matthew Stuurman, UCT
  • Melani-Roxanne Breedt, AFDA
  • Tristan de Beer, UCT
  • Zoe McLaughlin, WTS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.