[Foto’s] Die wenners van die Fiëstas is…

kykNET Fiëstas 2017 (Foto: Maroela Media)

kykNET Fiëstas 2017 (Foto: Maroela Media)

Bekendes het Donderdag by die Kunstekaapteater in Kaapstad op die blou tapyt geskitter voor die room van die kunstegemeenskap hul kykNET Fiësta-toekennings tydens ʼn regstreekse uitsending op kykNET in ontvangs geneem het.

Johrné van Huyssteen was die gasheer van dié geleentheid, terwyl talle ander bekendes soos onder meer Tarryn Wyngaard, Irshaad Ally, Denise Newman, Christia Visser en Albert Pretorius van die toekennings oorhandig het.

Kunstenaars soos Arno Carstens, Corlea Botha en Thembeka Mguni het die gehoor gaande gehad.

Produksies wat vanjaar veral uitgestaan het, is onder meer Rooivalk. Die Nelspruit-kunstefees, Innibos, is vanjaar ook weer as gewildste fees gekroon.

Acáma Fick het tydens die geleentheid ʼn toekenning in ontvangs geneem vir haar lewensbydrae tot musiek. Die musikus is met ʼn staande applous toegejuig vir haar bydrae tot die Stellenbosse koor en dit wat sy in die algemeen vir koormusiek in Suid-Afrika beteken het.

Alvon Collison het ook ʼn toekenning ontvang vir sy Lewensbydrae tot musikale teater. Hy is al meer as 50 jaar in die bedryf.

Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, het die toekenning Lewensbydrae as kunste-filantroop in ontvangs geneem.

Die KKNK het vanjaar die Blou stoel-toekenning vir die Uitkampteater-inisiatief gewen.

Hiermee die volledige lys van toekennings:

Beste opkomende kunstenaar
Faith Kinniar – Valencia – KKNK

Beste teaterontwerp
Francois Toerien & Kosie Smit – Heidi – KKNK

Beste vroulike byspeler
Nicole Holm – In Ongenade – Woordfees

Beste manlike byspeler
Dawid Minnaar – Die Huis van Bernarda Alba – KKNK

Beste prestasie in ‘n solo-vertonining
Richard September – Rooivalk – Woordfees

Beste musiekgedrewe produksie (arena)
Charl du Plessis – Big Band Boogie Woogie – KKNK

Beste musiekgedrewe produksie (podium)
Hunkering na die ses – Suidoosterfees

Beste musiekgedrewe produksie (teater)
Heidi – KKNK

Beste prestasie in klassieke musiek
Corelli & Co. – Stefan Temmigh & Erik Dippenaar – Woordfees

Beste prestasie in visuele kuns
Alex Hamilton – Kurator van visuele kunsprogram – Woordfees

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie
Nico Scheepers – Rooivalk – Woordfees

Beste regie
Marthinus Basson – Die Gangsters – Woordfees

Beste aktrise
Ilse Klink – Kristalvlakte – Suidoosterfees

Beste akteur
Stefan Erasmus – As – Woordfees

Gewildste fees
Innibos

Beste aanbieding
Rooivalk – Woordfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tom ·

Dit is wonderlik om al die mooi mense te sien op die foto’s. Wil Maroela nie maar probeer om name by te kry nie. Dit gaan net soveel mooier wees.

BAREND ·

Anton swak smaak in klere ,hoe nou my maat ?waar is jou pyp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.