[Foto’s] Gewilde Aladdin-storie nou in teaters

Aladdin. Foto: Verskaf

Aladdin. Foto: Verskaf

Die befaamde en gewilde storie van Aladdin is binnekort vir die eerste keer op die planke by die People’s Theatre in Johannesburg te sien.

Gewilde karakters soos die bedelaarseuntjie wat in prins Ali verander het asook prinses Jasmine gaan teatergangers in dié produksie meevoer op ʼn reis van vriendskap en liefde waarin waardevolle lewenslesse geleer kan word.

Aladdin Jr is reeds van 7 Maart te sien. Die boeiende produksie volg ná die sukses van Alice in Wonderland Jr, Shrek Jr en The Little Mermaid Jr.

Jill Girard and Keith Smith, wat die regisseurs van dié produksie is, sê teatergangers kan uitsien na ʼn produksie wat lewenslesse oordra en gewilde karakters uitbeeld.

Aladdin Jr is ʼn produksie vir die hele gesin. Die verhaal van die duisend-en-een nagte is reeds dekades lank ʼn groot gunsteling. Dié keer het ons groot verhoë en pragtige kostuums, en nog pragtiger musiek,” het Smith gesê.

Die choreografie word behartig deur die bekroonde Sandy Dyer en die musikale begeleiding deur Raymond Verster.

Die rolverdeling spog met akteurs soos Sarah Malherbe, wat in Beauty and the Beast te sien was, die veteraan-verhoogaktrise Noni Mkhonto, Andile Magxaki, Sean McGrath en Samantha Jacobs. Die akteur, Aidan Hyland, wat ʼn rol in Isidingo vertolk het, speel Aladdin.

Bespreek by die People’s Theatre by 011 403 1563/2340 of besoek People’s Theatre se webwerf. Die produksie is tot en met April op die planke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.