[Foto’s] Royal Moscow Ballet toer binnekort in SA

Royal Moscow Ballet. Foto: Verskaf

Royal Moscow Ballet. Foto: Verskaf

Die gesogte Royal Moscow Ballet-groep is in April vanjaar in stede oor die hele Suid-Afrika te sien gedurende ʼn landwye toer.

Dié wêreldbekende balletgroep gaan 2 April die toer in Johannesburg begin met hul immergewilde driebenige program waarin hulle onder meer die Chopiniana (Les Sylphides), Carmen en betowerende Paquita Grand Pas gaan opvoer.

Sedert die Royal Moscow Ballet in 2002 gestig is deur hoofdanser en choreograaf, Anatoli Emelianov, en kreatiewe direkteur, Anna Alexidze, het die groep meer as 1 000 vertonings opgevoer in lande soos Spanje, Portugal, Griekeland, Frankryk, Oostenryk en Swede.

Chopiniana, die dans waarmee die program open, is die eerste keer opgevoer in St. Petersburg in Rusland in 1907. In 1909 is dié meesterstuk na Les Sylphides herdoop met die gesogte danser, Anna Pavlova, in die program, en is Russiese ballet vir die eerste keer aan die Westerse wêreld bekendgestel.

Carmen is vir die eerste as ’n een-persoon-ballet deur die befaamde Russiese choreograaf Marius Pepita in 1845 herskryf. Paquita Grand Pas, waarmee die aand afsluit, is vir die eerste keer in die Opera Ballet in Parys in 1846 opgevoer. Die hoofrol van die Spaanse sigeuner wat die lewe van ’n Franse offisier red, is deur die wêreld se beste ballerinas, onder wie Pavlova, opgevoer.

Kaartjies kos tussen R200 en R300 en kan gekoop word by Computicket.

Datums vir optrede:

  • Johannesburg: Theatre of Marcellus Emperor’s Palace – 2 April
  • Oos-Londen: Guild Theatre – 5 en 6 April
  • Port Elizabeth: Opera House – 7 en 8 April
  • Pretoria: State Theatre Drama – 10 April
  • Potchefstroom: Sanlam Auditorium – 13 April
  • Bloemfontein: Sand du Plessis Theatre – 15 April
  • Durban: Playhouse Opera – 16 April

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.