GIF: ʼn tragiese komedie oor Mathilda Bouwer

22 Julie 2011 / Ou Meulteater

Mathilda Bouwer het ʼn probleem. Haar swak hart vir romanse en liefde. Die liefde van Romeo vir sy Juliet. Mathilda Bouwer hou daarvan en sy val daarvoor. Val vir haar sterk Romeo se mooi boude, sy verleidelike swart lokke. Val vir die liefde wat alles oorwin. Tot die dood ons skei. Sy verloor haar hart, haar drome. Word vrou en moeder. Juliet raak verlore tussen pampers en babakots.

Die oggend toe Mathilda Bouwer háár Romeo se hemp, met die vreemde goue hare, in haar hand vashou…daardie oggend het Juliet by haar kombuisdeur uitgestap. Daardie oggend het Mathilda Bouwer aan gif begin dink. Tussen bloed en arseen het sy die deur finaal agter haar toegetrek…het Mathilda Bouwer, Maggie Bouvier geword…ʼn vrou met drome.

Vertoning begin 20:00
Prys R60.00pp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.