Groet sonder woorde

21 Augustus 2011 / Atterbury Teater

“Hierdie somer bring Karla du Plessis ʼn gedeelte van Ofschaaid zunder woorde/Groet sonder woorde na Suid-Afrika. Sy word vergesel deur Klaas Spekken wat in Gronings sal sing en veral Koos Doep se liedjies sal vertolk. Maar hierdie optrede is ook ʼn debuut, want Karla du Plessis het die laaste maande gewerk aan haar vertolking van die musiek van die Groninger Ede Staal. Ede Staal is ‘n sanger/digter wie se werk en nalatenskap baie goed vergelyk met dié van Koos. Karla het die uitdaging aangepak om sy werke na Afrikaans te vertaal – en dit is nie maklik nie. In Noord Nederland is Ede Staal tot vandag een van die grootste name in die streektaal musiek. Vyf-en-twintig jaar na sy dood (1941 – 1986) verskyn sy liedjies nog steeds bo-aan die jaarlikse speellys van populêre musiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.