Herleef goue oues met dié musiekvertoning

Best of the Decades by die Rockwood Theatre in Pretoria (Foto verskaf)

Met dié musiekvertoning sal dit vir jou voel of jy deur die dekades heen reis met die mooiste en beste huidige liedjies en liedjies uit die verlede! “Best of the Decades” is ʼn aangrypende musikale reis – die nostalgie waarna ons almal terugverlang…

Dit begin in die disco-70’s waar partytjies nie end kon kry nie, dan reis ons na die innoverende 80’s waar ons die topverkopers van alle tye vandaan kry, en natuurlik die ikoniese 90’s wat ʼn inspirasie was vir die musiek waarna ons vandag nog luister.

Dit alles bou op tot Generasie Y! Dié “Echo Boomers” was die klanke ná 2000 en hul inspirasie is beïnvloed deur die impak wat media en tegnologie op die wêreld het. Milleniërs verstom ons steeds met hul presiese vertonings en instrumentele veerkragtigheid – iets wat die popmusikante van ouds nooit sou gewaag het nie.

Geniet die klassieke klanke van die Bee Gees, Disco Divas en Queen van die 70’s. Ikone uit die 80’s soos Madonna, Lionel Ritchie en Def Leppard. Onvergeetlike liedjies uit die 90’s soos “Moving on Up” en “What is Love”. Uiteindelik die 2000’s waar ons sterre soos Kelly Clarkson en legendes soos Beyoncé, Lady Gaga en Katy Perry met hul gewilde treffers van vandag leer ken het – gewaarborg dat jy sal wil opstaan en saam wil dans!

“Best of the Decades” is ʼn wonderlike tydmasjien van die musiek wat nooit sal kwyn nie!

Die vertoning is tot 31 Maart by die Rockwood Theatre in Pretoria te sien.
Kaartjies kos R130 pp met spesiale afslagpryse tydens sommige vertonings.
Pensioenarisse kry ook spesiale afslag en kinders onder 12 is gratis.

Besoek die Rockwood Theatre se webwerf, skakel 012 368 1555 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] om jou kaartjies te bespreek. Jy kan ook weeksdae tussen 08:00 en 17:00 ʼn WhatsApp stuur aan 064 280 6082.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.