Hier is die Kanna-benoemings vir 2016

Albert Pretorius is benoem vir beste mansbyspeler. Foto: Facebook via Albert Pretorius

Albert Pretorius is benoem vir beste mansbyspeler. Foto: Facebook via Albert Pretorius

Die benoemings vir die 22ste Kanna-toekennings, wat jaarliks uitgeloof word aan die beste produksies by die KKNK, is onlangs bekendgemaak.

Danie Marais, sameroeper van die paneel, sê die beoordelaars moes vanjaar behoorlik koppe bymekaar sit vir die benoemings.

“Die paneel was beïndruk met die hoë standaard van teater wat in verskillende genres te sien was. Die afwesigheid van oorspronklike, nuwe tekste was wel opmerklik. Nuwe gehaltewerk met eg inheemse temas in Amper, Vrystaat (die geselskap), Hensop! (Francois Toerien) en Rooivalk (Nico Scheepers) was daarom verblydend,” het hy gesê.

Marais sê daar was vanjaar egter ʼn groter programverskeidenheid. “Die programsamestellers neem ooglopend Afrikaans in al sy skakerings in ag en dit word weerspieël in die meer diverse feesbywoning. In dié verband kan aanbiedings soos Die Afrikaansvatter, Liedjies van die Kaap, Met jou aan my sy, My Wonderyears – The Loukmaan Adams Story, Ons komvandaan, Op ’n ernstige noot en Rymklets van Oos tot Wes uitgesonder word,” het hy gesê.

Die wenners word op 24 April tydens ’n spesiale geleentheid in Kaapstad aangekondig.

Kanna vir beste teateraanbieding

  • Nouliks of niks: Kort stukke deur Samuel Beckett
  • Rooivalk
  • Sizwe Banzi is Dead

Kanna vir beste mansakteur

  • Atandwa Kani (Sizwe Banzi is Dead)
  • Mncedisi Shabangu (Sizwe Banzi is Dead) 
  • Wilhelm van der Walt (Maan.Sterre)

Kanna vir beste mansbyspeler

  • Dawid Minnaar (Die huis van Bernarda Alba)
  • Albert Pretorius (Hond se gedagte)
  • Dean-John Smith (Die dag is bros)

Kanna vir beste aktrise

  • Nicole Holm (Hensop!)
  • Anthea Thompson (My briljante egskeiding)
  • Tinarie Van Wyk Loots (Hemelruim)

Kanna vir beste vrouebyspeler

  • Lida Botha (Die huis van Bernarda Alba)
  • Karli Heine (Hensop!)
  • Greta Pietersen (Maan.Sterre)

Kanna vir beste musiekproduksie

  • Boontoe! Engelstemme vir Paassondag
  • Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band
  • Die Afrikaansvatter

Kanna vir beste klassieke musiekuitvoering

  • Ben Schoeman speel Robert Schumann
  • Corelli à la mode
  • Fragment

Kanna vir beste regie

  • Wolf Britz (Hensop!)
  • Jaco Bouwer, Wolf Britz, Lara Bye, Amy Jephta en Sandra Temmingh (Nouliks of niks: Kort stukke deur Samuel Beckett)
  • John Kani (Sizwe Banzi is Dead)

Kanna vir beste debuutwerk

  • Die Afrikaansvatter
  • Klara Maas se hart is gebreek
  • Nouliks of niks: Kort stukke deur Samuel Beckett

Kanna vir beste opkomende kunstenaar

  • Early-B (Rymklets van Oos tot Wes)
  • Mthuthuzeli November (A Thousand Shepherds)
  • David Viviers (Klara Maas se hart is gebreek)

Kanna vir beste visuele kunsaanbieding

  • Lucia Boer (kurator van Catalyst)
  • Sandra Hanekom (kurator van Hartgenoot. Kultuurgenoot: 100 jaar)
  • Trent Read (kurator van Palimpsest)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.