Hier is die ‘Klein Karoo Oscar’-nominasies

De Klerk Oelofse in 'Liewe Heksie: Flower Power'. Foto: Verskaf

De Klerk Oelofse in ‘Liewe Heksie: Flower Power’. Foto: Verskaf

Die nominasies vir die Kanna-pryse, ook bekend as die Klein Karoo Oscar-toekennings, is aangekondig.

Nicola Hanekom – bekend vir haar grensverskuiwende teaterwerk met produksies soos Land van skedels – is nie net die ontvanger van die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Vernuwende Denke nie, maar haar nuwe verhoogstuk In glas is ook in vyf kategorieë benoem.

Christiaan Olwagen se verwerking van Anton Tsjekof se Die seemeeu en Jaco Bouwer se Buite blaf die honde swart is elk in twee kategorieë benoem. Jerry Mofokeng se Moeder Moed en haar kinders het ses benoemings ontvang.

Van die musiekproduksies is Amanda Strydom vir haar nuwe produksie Amanda Strydom: Die hele boksemdaais benoem. Emo Adams is duidelik en Al lê die berge nog so blou is ook in die kategorie benoem.

Die Kannapaneel bestaan vanjaar uit Danie Marais (sameroeper), Charl Bezuidenhout, Steyn du Toit, Eduard Greyling, Deon Maas, Wayne Muller, Laetitia Pople, Louis Pretorius, Marguerite Robinson, Johan van der Merwe en Wim Vorster. Al die produksies wat vanjaar deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se amptelike feesprogram was, kom in aanmerking vir ʼn Kanna.

Die wenners word Sondag 10 Mei in die Kaap aangekondig.

Hier volg die volledige lys van wenners:

Kanna vir beste teater-aanbieding

  • Die seemeeu
  • In glas
  • Moeder Moed en haar kinders

Kanna vir beste akteur

  • Elton Landrew (Bidsprinkaan)
  • Marlo Minnaar (Santa Gamka)
  • Albert Pretorius (Buite blaf die honde swart en Die seemeeu)

Kanna vir beste byspeler – manlik

  • Deon Lotz (Moeder Moed en haar kinders en Die seemeeu)
  • De Klerk Oelofse (Liewe Heksie: Flower Power)
  • André Roothman (Moeder Moed en haar kinders)

Kanna vir beste aktrise

  • Aletta Bezuidenhout (Moeder Moed en haar kinders)
  • Rolanda Marais (Die seemeeu)
  • Tinarie van Wyk Loots (In glas)

 Kanna vir beste byspeler – vroulik

  • Sandra Prinsloo (Die seemeeu)
  • Cintaine Schutte (Moeder Moed en haar kinders en Die seemeeu)
  • Lee-Ann van Rooi (Bidsprinkaan)

Kanna vir beste musiekproduksie

  • Al lê die berge nog so blou
  • Amanda Strydom: Die hele boksemdaais
  • Emo Adams is duidelik 

Kanna vir beste klassieke musiekuitvoering

  • Bach vandag
  • Die vredemakers 
  • Nokturne

Kanna vir beste regie

  • Jaco Bouwer (Santa Gamka en Buite blaf die honde swart)
  • Nicola Hanekom (In glas)
  • Christiaan Olwagen (Die seemeeu)

 Kanna vir beste debuutwerk

  • In glas 
  • Moeder Moed en haar kinders
  • Santa Gamka 

Slurpie Kanna vir beste opkomende kunstenaar

  • Schalk Bezuidenhout (Lewendig)
  • Hilandi du Toit (Die somer het ’n geel rok aan)
  • Shinobia Saptouw (Al lê die berge nog so blou)

 Herrie Kanna vir kopverskuiwende werk

  • Die seemeeu 
  • In glas 
  • Santa Gamka

 Kanna vir beste visuele kunsaanbieding

  • As die vlooie byt in La La Land – Nathani Lüneburg
  • Baie belaglik – Liberty Battson
  • Filmverse – Diek Grobler

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.