Jakkals en Leeu

7 Augustus 2011 / Atterbury Teater

“Jakkie Louw het vir Kevin Leo eendag gebel en gevra of hy sal sing op sy nuwe CD… Marietjie se hoender. Verbaas het Kevin gevra wat hy ingedagte het. Jakkie se antwoord was: “Voshaarnooi.” Die liedjie is opgeneem en die video is gemaak. Die video was oornag ‘n Kyknet gunsteling en speel feitlik daagliks op hierdie kanaal. Die kombinasie van die twee sangers is briljant en Kevin Leo se humor is so uniek en skerp dat jy later skater van die lag. Liedjies wat hulle doen in die vertoning sluit in Voshaarnooi, O’sole’mio(soos Pavarotti en Brian Adams hom gedoen het) Frank Sinatra, ‘n bietjie Elvis Presley, ‘n Bietjie Lucas Maree en ‘n bietjie Pikkewyne. Dis ‘n goeie show. Enige dag van die week.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.