Judas Iskariot: Gemeenskapsteater op sy beste

judas-iskariot-die-passiespel-n

Foto: Verskaf

Judas Iskariot – Die Passiespel is tans die grootste Afrikaanse gemeenskapsteaterprojek in Suid-Afrika waar meer as 70 akteurs, sangers, dansers en ekstras op die verhoog gaan wees. Die hoofrolle word deur professionele akteurs vertolk en die kleiner rolle deur mense uit die gemeenskap gevul.

Die produksie word in samewerking met Pacofs, ATKV en Radio Rosestad opgevoer en volgens die vervaardigers van dié produksie is dit gemeenskapsteater op sy beste.

Die teks is deur Gertjan Holtzhausen geskryf en Jacobus Silwer het splinternuwe musiek en lirieke gekomponeer. Die regie word deur dr. Niel van Niekerk en Michelle Hetzel behartig, terwyl Jaco Bezuidenhout die musiekregisseur is. Heinrich Lategan dirigeer ʼn jeugorkes van 50 instrumente wat Judas Iskariot sal begelei. Die produksie word op 1 April vanjaar in die Sand du Plessis Teater in Bloemfontein op die planke gebring.

Dit is vars. Dit is uniek. Dit is groot … en dit is in Afrikaans! Wat is die prys van bloedgeld? Kom vind uit … Judas Iskariot – Die Passiespel.

JUDAS ISKARIOT "Wat is die prys van bloedgeld?" Trailer 1

Sand du Plessis Teater Saterdag 01 April 2017 10h30 en 19h30. Kaartjies beskikbaar by P.A.C.O.F.S 051-447 7772

Posted by Die Bloemfonteinse Gemeenskapsteater on Wednesday, January 18, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.