Kafeeteater-koningin binnekort by Asbos Teater

Petronel Baard. Foto: www.linkedin.com

Petronel Baard. Foto: www.linkedin.com

Die sogenaamde kafeeteater-sangeres, Petronel Baard, is binnekort in Pretoria te sien vir haar vertoning Die lang vrou en die Maan.

Kafeeteater, die ou bekende waar mense gesellig kan eet en drink terwyl hulle gewoonlik na ʼn kabaret-optrede luister, is byna sinoniem met Petronel in Suid-Afrika.

Sy vertel in haar jongste vertoning haar eie storie: ʼn kind wat lief was om vir die maan te sing, in die strate te dans, om windpompe uit te klouter en vir die wolke en wind te sing.

Die dramatiese sopraan sing graag liedjies van Laurika Rauch en Nana Mouskouri asook blues.

Teatergangers kan met Die lang vrou en die maan uitsien na liedjies soos “Kinders van die wind”, “Skipskop” en “Misverstand”. Sy sing ook van ver skepe wat seil en van iemand wat nooit, ooit vir iemand anders so lief sal wees soos vir jou nie.

Sy gaan ook liedjies soos dié van Shirley Bassey in die vertoning sing.

Teatergangers kan uitsien na ʼn aand van lag en huil, en onthou en onskuld met Petronel agter die klavier.

Jy kan die vertoning 12 Februarie om 20:00 sien in die Asbos Teater in Pretoria. Kaartjies kos R100 per persoon.

Besoek Asbos se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.