“Kersklanke” vier 21e speelvak

Carel Trichardt en Petru Wessels

Carel Trichardt en Petru Wessels

Die immergewilde Kersklanke met Carel Trichardt en Petru Wessels vier hierdie jaar sy 21e speelvak.

“Dit het nooit by ons opgekom, toe ons in die vroeë 1990s saam met Lucas Maree, die eerste Kersklanke beplan het, dat daar soveel ondersteuning en belangstelling sou wees nie,” sê Carel Trichardt.

Kersklanke is stories en vertellinge oor Kersfees met sang en musiek. Katrien Holm en Herman van den Berg sluit hierdie jaar aan by Carel en Petru. Dit is moontlik egter die laaste speelvak in Pretoria, aangesien Carel en Petru nou in Somerset-Wes in die Wes-Kaap woon.

Kerslig, hooibale, gemmerbier en soetkoekies dra by tot die innige en warm atmosfeer van ’n tradisionele Kersfeesviering.

Plek:
Die Pierneefteater

Speelvak:
Donderdag 14 November om 19:00
Vrydag 15 November om 19:00
Saterdag 16 November om 10:00 en 19:00
Sondag 17 November om 15:00

Prys:
R100-00 per persoon
Besprekings kan gedoen word by die Pierneefteater (012) 329 0709.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

nic van rensburg ·

Die 2 “Goue Oues” – met respek Petru :), se “Kersklanke” het ‘n manier om jou by te bly. ‘n Hele aantal jare is nou al onder die brug deur en steeds haal ek die pragtige hoogtepunte keer op keer, die tyd van die jaar uit en stof dit af. ‘n Mens kan maar gerus ‘n oomblik by die Pierneefteater vertoef en mooi goeters met jou saamneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.