KKNK gaan kook!

Nianell

Die Huisgenoot-Musiekplaas het vanjaar ’n propvol program by die ABSA KKNK. Met meer as 180 kunstenaars wat op die Huisgenoot-verhoog optree, kan feesgangers hier die fees in sy volle glorie ervaar. Feesgangers wat kaartjies vir die aandprogram koop, kry ook vanjaar gratis toegang tot die Rivierbuurt waar die musieknote saam met die geure uit die kosstalletjies in die lug hang.

Die Treffer na Treffer-afskopkonsert vind op Saterdag 31 Maart plaas en beloof ’n paar uur van Afrikaanse vermaak deur sangers soos Nicholis Louw, Heinz Winckler, Wicus van der Merwe, Snotkop, Manie Jackson, Romanz en Monique.

Feesgangers kan vanjaar ook vir die eerste keer al die swier van Skouspel beleef op ’n opelug-verhoog onder sterrehemel. Skouspel onder die Sterre is ’n nuwe produksie wat deur Huisgenoot aangebied word. Nianell, Sarah Theron, Bianca le Grange, Charlize Berg, Suzanne Rentzke, Romanz, Coenie de Villiers, Nicholis Louw, Kevin Leo, Elvis Blue, Mark Haze, Willem Botha, Dewald Louw en die Electric Pops Orchestra kan in dié produksie gesien word.

In die Huisgenoot-Leefstylsentrum sal Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, kosdemonstrasies aanbied. Daar is ook ’n verfrissingstafel vir vroue, mooimaaksessies en stylwenke deur Huisgenoot se modespan, sowel as heerlike kos vir proe en spesiale inteken-aanbiedings.

Die Tempo-BBP-klub vir getroue lesers word vanjaar tydens die fees bekend gestel. Teen R32 per kwartaal kan lesers twee jaar lank lid van dié klub word. Dit sluit ’n intekening van twee jaar op Huisgenoot-Tempo in, ’n inskrywing vir die daaglikse gelukstrekking vir pryse soos iPads en Tom Tom-GPS’e, ’n gratis kaartjie vir een van die KKNK-aandkonserte, daaglikse toegang tot die Huisgenoot-Musiekplaas se BBP-sitgebied, afslag op alle toekomstige Huisgenoot-geleenthede, ’n gratis digitale uitgawe van Tempo en afslag op iPads, wyn en reispakkette.

Kaartjies vir alle vertonings is by Computicket beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.