Luister: De Klerk Oelofse en Lizz Meiring gesels oor Liewe Heksie-panto


Margit Meyer-Rödenbeck (regs) en haar dogter, Luca Human is ook te sien in die verhoogstuk Liewe Heksie - Flower Power. Foto: Robert Hamblin

Margit Meyer-Rödenbeck (regs) en haar dogter, Luca Human (links) is ook te sien in die verhoogstuk Liewe Heksie – Flower Power. Foto: Robert Hamblin

Verna Vels se geliefde karakter, Liewe Heksie, kry nou weer nuwe lewe op die verhoog met die pantomime Liewe Heksie – Flower Power.

Die teks is geskryf deur Margit Meyer-Rödenbeck en Francois Toerien, gebaseer op Verna se karakters.

Lizz Meiring neem die regisseursstoel in vir die produksie terwyl De Klerk Oelofse verskeie karakters vertolk.

Maroela Media het met Lizz en De Klerk gesels oor waarom kinderteater nie net vir kinders is nie.

Liewe Heksie – Flower Power is te sien by die KKNK (4-11 April) en kaartjies is hier teen R100 beskikbaar.

Van 19-31 Mei is dit ook by die Bellville Stadskouburg te sien en kaartjies is hier teen R100 beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.