Luister: Piet Byleveld, die man agter die moorddossiere


Piet Byleveld. Foto: Argief

Piet Byleveld. Foto: Argief

Wanneer mens aan die algemene speurder dink, verwag jy iemand met ʼn ernstige en amper bewolkte persoonlikheid, wat kortaf ‘ja’ en ‘nee’ antwoord. As jy egter eers vir oudbrigadier Piet Byleveld ontmoet, besef jy vinnig dit is nie hoe alle speurders is nie, veral nie ʼn bobaasspeurder wat wêreldwyd gereken word as een van die bestes nie.

Esté Meyer Jansen het met Piet Byleveld gesels om bietjie meer oor die man agter die moorddossiere en ongeëwenaarde sukses uit te vind.

  • ʼn Vraag-en-antwoordtoer, Piet Byleveld onder jou vergrootglas, word op 5 Maart in die Atterbury Teater in Pretoria aangebied. Jacques Botes gaan met Piet gesels, maar die vertoning bied ook die geleentheid aan die gehoor om vrae aan die baasspeurder te stel. Dieselfde vertoning word ook op 6 Maart in Bloemfontein gehou. Kaartjies vir die Pretoria-vertoning is hier teen R150 per persoon beskikbaar. Kaartjies vir die Bloemfontein-vertoning is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Ja, Brigadier, ek weet nou nie … van jou oud kollegas het nou nie juis vleiende woordjies oor jou nie, maar nou kan mens seker wonder of dit nie net dalk jaloesie is nie …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.