Luister: Pieter-Dirk Uys laat jou demokraties lag


Pieter-Dirk-Uys

Pieter-Dirk Uys sit die eish! terug in vermaak met sy verhoogproduksie “An audience with Pieter-Dirk Eish!”. Foto: Pietertoerien.co.za

Pieter-Dirk Uys word dalk binnekort 70 jaar oud, maar daar is steeds geen keer aan hom wanneer sy liefde en passie vir die verhoog en demokrasie oorneem nie. Inteendeel, hy glo die woord ‘aftrede’ is verban uit sy woordeboek en hy voeg woord by daad met sy verhoogproduksie An audience with Pieter-Dirk Eish! waarin die gehoor elke aand kan kies watter een van Pieter-Dirk se 80 verskillende karakters op die verhoog moet verskyn.

Hy het met Esté Meyer Jansen gesels oor die produksie en hulle het ook gesels oor die belangrikheid van komedie en satire in Suid-Afrika se politieke landskap van vandag.

  • An audience with Pieter-Dirk Eish! is tot 4 Oktober by Pieter Toerien teater in Montecasino in Johannesburg te sien. Kaartjies kan by Computicket bespreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.