Luister: Pietman en die Skot: só vertel jy ʼn storie


Pietman Geldenhuys. Foto: Facebook.

Pietman Geldenhuys. Foto: Facebook.

Pietman Geldenhuys, oftewel Peter Mitchell – die Skot, is nie net ʼn kranige storieverteller nie, maar hy kan sing ook!

Hy was al op die Afrikaans is Groot-verhoog en het ook op die bekende televisieprogram Toks en Tjops ʼn verskyning gemaak waar hy “Flower of Scotland” gesing het.

Pietman is vandeesmaand twee keer by die Boer Teater te sien: in sy produksie Peter Mitchell waarin hy verander in sy Skotse persona en die gehoor later skaterlag, asook in Renier (Grootlieg) de Winnaar saam met Chris van Niekerk.

Maroela Media het met Pietman gesels oor waar sy liefde vir storievertel vandaan kom en wat volgens hom die geheim van goeie storievertel is.

Peter Mitchell is op Vrydag 18 September by Die Boer Teater in Durbanville te sien en Renier (Grootlieg) de Winaar is op 30 September te sien. Kaartjies en meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.