Luister: Skouspel met kilometers liggies


Fantasy of Light (Foto: Facebook)

Fantasy of Light (Foto: Facebook)

’n Stel van nege meter hoog, 104 kleurvolle kostuums, 22 km se vonkelende feëtjieliggies én ’n unieke liggiewaterval van 160 m is maar enkele van die elemente wat die Fantasy of Light-verhoogproduksie uniek maak. Dít, en die feit dat dié pantomime die eerste Afrikaanse buitelugproduksie is wat op die terrein van ʼn inkopiesentrum gehou word.

Fantasy of Light – The Secret Castle word tot 24 Desember aangebied by Waterfall Park in die Mall of Africa in Midrand.

Met oorspronklike feesmusiek wat spesiaal gekomponeer is deur die komponis Brendan Jury en Bernadette Vercellino as musiekvervaardiger word die agtergrond vir ’n humoristiese fantasieverhaal met ’n boeiende storielyn en karakters geskep.

Lizz Meiring is die skrywer sowel as die regisseur van dié produksie. Choreografie is behartig deur Weslee Lauder en die kostuums is ontwerp deur Delene Holt, Heidi du Toit van Hollywood Costumes en Mercedes de Bruyn. Juan Boshoff is die ontwerper en Rudi Kesting van Production Projects die vervaardiger.

Vertonings vind elke aand, van Maandag tot Sondag, onder die sterre plaas. Hekke open om 18:00 en die konsert begin om 20:00. Die vertoning is 70 minute lank. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R120 vir volwassenes en R80 vir pensionarisse en kinders jonger as 18.

Veilige parkering is beskikbaar en kaartjies kan geruil word vir ʼn ander datum indien die weer nie op die betrokke dag saamspeel nie. Daar is ook kosstalletjies.

Vir meer inligting besoek Fantasy of Light se webwerf of die Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.