[Luister] ‘Sneeuwitjie’ ʼn produksie vir die hele gesin


Nádine gaan in 2016 op die planke te sien wees as Sneeuwitjie. Foto: Verskaf

Nádine gaan in 2016 op die planke te sien wees as Sneeuwitjie. Foto: Verskaf

Die immergewilde verhaal van Sneeuwitjie is binnekort op die planke by Emperors Palace met Nádine in die rol van Sneeuwitjie en Reynard Slabbert as die prins.

Renier en Lise-Marie Keyser, wat ook die vervaardigers van Aspoestertjie was, waarin Karlien van Jaarsveld gespeel het, het voorheen aan Maroela Media gesê hulle het besluit om dié produksie na die verhoog te bring ná die groot sukses van Aspoestertjie. “Aangesien Aspoestertjie so ’n groot sukses was, het ons ʼn ooreenkoms met Emperors Palace gesluit om vier jaar lank elke jaar ʼn produksie op die planke te bring,” het Renier verduidelik.

“Dis ʼn ongelooflike lekker rol om te vertolk,” het Nadine gesê. “Sy is ʼn saggeaarde prinses, liefdevol en vriendelik. Daar is so baie aspekte rondom haar wat baie interessant is, wat die karakter en die produksie wonderlik maak.”

Nádine het vertel die sprokiesverhaal bevat iets van alles. “Dis ʼn verhaal wat vermaaklik is, maar ook baie donker dele het. Daar is ernstige tonele maar ook tonele van liefde en lig. Ek dink dit gaan ʼn wye gehoor bereik.”

Aanhangers kan uitsien na van Nádine se liedjies soos “Tyd” in die produksie.

Reynard skerts hy was onkant gevang met die uitnodiging om deel te wees van die produksie. “Ek speel die rol van die prins. Ek kon dit nie glo toe hulle dit gevra het nie, want dis ʼn deftige paar skoene om te vul. Choreografie is nou wel nie my sterkpunt nie, maar die span het baie geduld. Ek dink teatergangers gaan dit baie geniet,” het hy vertel.

Besprekings is nou oop by Computicket. Die produksie is te sien in by Emperors Palace van 6 Mei tot 12 Junie 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.